Herlewing: Hoe gebeur dit?

image_pdfimage_print

 

Art is a lie that makes us realize truth – Pablo Picasso

 

Herlewing: Hoe gebeur dit?

Die uiteindelike Bron van herlewing is die Heilige Gees. Gewoonlik gebruik die Gees sekere instrumente om herlewing te bewerk.

  1. Buitengewone gebed

Dit beteken volgehoue gebed gesentreer op God se koninkryk. Wat belangrik is, is nie die aantal mense wat bid nie, maar die aard van die gebed. C. John Miller onderskei tussen gebede vir instandhouding en buitengewone gebede Byeenkomste vir gebede vir instandhouding is gewoonlik kort, meganies en fokus op die fisiese behoeftes van die kerk. Buitengewone gebede het drie basiese kenmerke:

  • ‘n Versoek vir genade om my sonde te bely en nederig te wees.
  • ‘n Deernis en ywer vir die groei van die kerk en die bereiking van die verlorenes.
  • ‘n Verlange om God te ken, sy gesig en sy heerlikheid te sien.

In Handelinge 4 word die dissipels deur die godsdiensowerhede gedreig. Na die tyd vra hulle nie vir beskerming van hulleself of hulle families nie, maar: Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.

  1. Herontdekking van die evangelie

Ons kan die leerstellings van ons gemeente akkuraat beskryf, maar ons is blind vir hulle implikasies en krag. Ons moet weer die evangelie ontdek en tuisbring in lidmate se harte. Hoe kan ons weer die evangelie tuis bring sodat mense die implikasies en krag daarvan kan sien? Daar is verskeie maniere:

  • Dit is die plek van inligting en onderrig waaraan die meeste mense blootgestel word.
  • Die opleiding van leiers wat die evangelie aan ander verkondig. Hulle moet dan groepies vorm waarin hulle mense in die waarhede van die Bybel lei.
  • Bring ‘n element van ondervinding in die kleingroepe. Mense vertel van hoe God hierdie week ‘n werklikheid in hulle lewens was.
  • Gesprekke – individue wat informeel met ander gesels.
  • Maak seker dat kerkleiers weet hoe om die evangelie in pastorale berading te gebruik.

 

  1. Innovering van die evangelie

In herlewings sien ons gewoonlik een of ander innoverende metode om die evangelie te verkondig. Historici sê dat die Hervorming bemagtig is deur die gebruik van belangrike tegnologiese innovering – die drukpers. C. S. Lewis in The Chronicles of Narna sê dat dinge nie twee keer op dieslefde manier gebeur nie. Hou jou oë oop.

 

image_pdfimage_print