Het ons ons godsdiens afgewater? Die Kerk (6)

image_pdfimage_print

“It’s scarcely possible in most places to get people to attend a meeting where the only attraction is God” — AW Tozer

Het ons ons godsdiens afgewater? Die Kerk (6)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir hulle geen nut nie (Hebreërs 13:17)

Hier word die belang van lidmaatskap op twee vlakke bespreek:

 

  • Die leiers moet onthou dat God sekere gelowiges aan hulle toevertrou het.
  • Volgelinge moet hulle leiers gehoorsaam. Hulle moet die leiers in die plaaslike gemeente waarvan hulle deel is, volg.

Die vraag is nie of my naam op die register van lidmate is nie. Die vraag is nie waar ek die eredienste bywoon nie. Die vraag is: Is ek toegewy aan ‘n plaaslike gemeente waar ek my lewe met ander gelowiges deel, waar daar wedersydse aanspreeklikheid en Bybelse leierskap is en waar die Naam van God verheerlik word?

Natuurlik is kerke nie volmaak nie; natuurlik is daar probleme in alle kerke. Maar sê nou net ons het vandag niks nie – geen geboue of programme of aktiwiteite nie – en ons kry die opdrag om die evangelie te versprei. Waar gaan ons begin? ‘n Groot gebou of ‘n uitstekende prediker of goeie musiek …? Die Bybel praat nie van geboue nie – die Bybel sê die gelowiges is die huis van God. Die Bybel sê nie dat ons na ‘n gebou moet kom nie, maar dat ons moet uitgaan in die wêreld. Natuurlik moet ons gereeld bymekaarkom  om ons seerkry en vreugdes en ondervindings te deel met mekaar en om mekaar te bemoedig.

Die vroeë kerk het geen geboue en programme gehad nie, maar tog het die kerk vinnig gegroei. Dit het gebeur omdat gewone Christene wat deur die krag van Jesus Christus verander is, die evangelie versprei het.

image_pdfimage_print

You may also like...