Het ons ons godsdiens afgewater? Haat God die sonde?

image_pdfimage_print

Nothing puts life into men like a dying Savior –C. H. Spurgeon

Het ons ons godsdiens afgewater? Haat God die sonde?

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

In die vorige blog het ons gesien dat God de inisiatief neem en ons as sy kinders aanneem. Maar wat dan van die sonde?

 

U is nie ‘n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie. Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen (Psalm 5:5 – 6). Maar die sonde is deel van ons en ons kan ons nie self van die sonde verlos nie – ons het Iemand van buite nodig om dit te doen. Jesus Christus het ondervind wat ek en jy veronderstel was om te ondervind – die volle straf vir ons sondes. Hoe moet ons dit verstaan?

  • Hoe kan God sy regverdige toorn en heilige liefde vir ons terselfdertyd betoon? Deur die kruis van Jesus Christus.
  • Haat God die sondaars? Beslis. Kyk net wat moes Jesus Christus aan die kruis verduur.
  • Het God die sondaars lief? Beslis. Kyk na die kruis van Jesus Christus en ons besef dat Hy ons van alles wat ons verdien, gered het.

Vra ons vir mense: Hoe weet jy dat jy van jou sonde verlos is? Luister na sy antwoord. Dit begin meestal so: “Omdat ek …” Ons word verlos van sonde oor iets wat Christus 2 000 jaar gelede vir ons gedoen het – nie oor iets wat ons doen nie. Die liefde van God, soos gesien in die lewe en sterwe van Jesus Christus, is die enigste fondament vir ware verlossing.

As ons dan al hierdie dinge weet, moet ons vra: Hoekom is ons godsdiens so oppervlakkig?

image_pdfimage_print

You may also like...