Het ons ons godsdiens afgewater? Ek word as kind aangeneem

image_pdfimage_print

I know of nothing which I would choose to have as the subject of my ambition for life than to be kept faithful to my God till death, still to be a soul winner, still to be a true herald of the cross, and testify the name of Jesus to the last hour. It is only such who in the ministry shall be saved – C. H. Spurgeon

Het ons ons godsdiens afgewater? Ek word as kind aangeneem

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

In die vorige blog het ons na bekering gekyk. God gebruik dikwels die beeld van aanneming as Hy sy verhouding met sy kinders bespreek. Aanneming is altyd die ouers se inisiatief – nooit die inisiatief van die kind nie.

Dit is die hart van die Christelike geloof. Dit is nie ons wat Christus in ons harte nooi nie – die inisiatief kom van Hom af. Voor ons nog gebore is, was God aan die werk om ons aan te neem. Hy sê vir Jeremia: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy (1:5). Paulus gaan nog verder as hy die mens beskryf: Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie … Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God (Romeine 3:10 – 18). Dit is baie duidelik: dit begin nie by ons wat God soek nie, maar by Hom wat ons soek.  Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld (Efesiërs 2:1 – 2). As ons dan dood is, hoe kan ons iemand anders uitnooi om in ons hart te kom woon. Dis tog onmoontlik. Ons het iemand anders buite onsself nodig.

Jesus Christus roep sy dissipels nie oor wie of wat hulle was nie, maar ten spyte van wie of wat hulle was. Hulle het maar min eienskappe gehad wat in hulle guns getel het. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou (Johannes 15:16). Dit is duidelik: die inisiatief kom volledig van Jesus Christus af.

Dit geld steeds vir elke persoon wat vir Jesus Christus volg. Ons is deur Jesus Christus gesoek en gevind – Hy het die inisiatief geneem. Maar wat nou van die sonde?

image_pdfimage_print

You may also like...