Hoekom sing ons?

image_pdfimage_print

If a man tells me that he is humble, I know him to be profoundly proud. —C.H. Spurgeon

Hoekom sing ons?

Hoekom sing ons Sondae in die kerk? Is dit net ‘n warmmaakoefening vir die preek of is dit ‘n tyd waar ons met mekaar deel? Sing ons om ons goed te laat voel voor ons by die ernstige sake – die preek – kom?

Paulus sê in Kolossense 3:16: Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Ons sing psalms, lofgesange en ander geestelike liedere met dankbaarheid vir God in ons harte – die Woord van Christus is in ons harte. Paulus sê nie ons moet sing om goed te voel of om ‘n emosionele ondervinding te hê nie – nie dat dit verkeerd is nie.

Ons moet die leer van Christus in al sy volheid drink; ons moet ons gedagtes en hart opnuut weer vul as ons saam sing. Wat beteken dit? Ons liedere moet vol wees van die waarheid van God en Christus – wie Hy is, wat Hy vir ons gedoen het en wat Hy steeds vir ons deur sy Gees doen. Ons liedere moet op Christus fokus en nie op ons nie.

Soos ons oor Christus nadink, sal dankbaarheid die natuurlike gevolg wees. As ons aan Christus dink – aan wat Hy gedoen en steeds doen, kan ons nie anders as om dankbaar te wees nie. Ons moet dus ons liedere versigtig kies. Is ons liedere vol van die Woord van Christus? Soos ons hierdie liedere sing, sink die waarhede van Jesus in en bevorder ons geloof, liefde, hoop en volharding. Mense sal Jesus liefhê en dankbaar wees … en hulle sal waarskynlik ook goed voel.

image_pdfimage_print