Jou gemeente se grondgebied mag groter wees as wat jy dink

image_pdfimage_print

Never confuse motion with action. -Benjamin Franklin (1706-1790)

Jou gemeente se grondgebied mag groter wees as wat jy dink

As jong predikant in die 18de eeu het John Wesley probleme met die Anglikaanse kerk  gehad. Hy het oor gemeentegrense gepreek – ‘n ander predikant se grondgebied betree. Wesley se antwoord op die aantygings: “Die wêreld is my gemeente.” Wesley het nie grense vir sy bediening getrek nie. Al wat hy sien, is ‘n wêreld vol geleenthede.

 Ons is dikwels so bekommerd oor dispute oor die grense tussen gemeentes. Moet ons nie eerder bekommerd wees oor die grense wat kerkleiers op hulle lidmate plaas nie? Die wêreld is die gemeente se grense.

Jesus sê dit self: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels (Matteus 28:19). Hy sê ook: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde (Matteus 28:18). Wat het ons hier? ‘n Opdrag + hulpbronne = die wêreld is my gemeente.

 Hoekom stel gemeeteleiers sulke lae verwagtings? Hoekom lag leiers oor die idee dat die kerk die wêreld kan verander? Miskien is dit omdat die gemeente nie groot fasiliteite of ‘n groot bankbalans het nie. Miskien glo hulle hulle het nie die leiers vir so ‘n groot taak nie. Al hierdie sogenaamde beperkings ontken die mag van God om alles te voorsien wat nodig is. Of Christus het al die mag of Hy het nie. As Hy al die mag het, kan en wil Hy voorsien wat die gemeente nodig het.

 As leiers dink die dissipels in die gemeente is vir hulle gegee om groter fasiliteite te bou, het hulle die kat aan die stert beet. God het reeds geboue in jou gemeenskap gegee – skoolsale, gemeenskapsentra en huise vir kleingroepbyeenkomste. Miskien is die mense wat die gemeente inperk die leiers. God het reeds die hulpbronne gegee vir ons bediening – openbare geboue word buiteposte vir bediening. Wesley is reg: Die wêreld is my gemeente.

image_pdfimage_print

You may also like...