Modelleer

image_pdfimage_print

 

If the Lord’s bearing our sin for us is not the gospel, I have no gospel to preach – Spurgeon

 

Modelleer

Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen (Johannes 13:15)

Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel (Filippense 3:17).

Mense boots mense na. Dit is dikwels onbewustelik. Ons wil graag soos iemand anders wees. Om ander mense as rolmodelle te kies, kan voordelig wees, want dit motiveer ons om gedurig te verbeter.

 

God as model

God vorm ons en rus ons toe om die regte besluite te neem. In Psalm 23 is die psalmis ‘n skaap in God se kudde. Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam. Soms kry ons die indruk dat die herder niks doen nie, maar die psalmis stel dit duidelik: Hy lei. God lei my deur elke dag. In die proses stel Hy ons bloot aan invloede wat ons meer volwasse sal maak. Hy doen dit onder andere deur modelle voor ons te sit. God stuur gelowiges oor ons pad sodat ons van hulle kan leer.

Ek wil jou insig gee, ek wil jou die pad leer wat jy moet loop. Ek wil jou raad gee, my oog oor jou hou. (Psalm 32:8). Hier kry ons werkwoorde – leer …insig gee … raad gee – wat in ‘n klaskamer tuishoort. Hoe moet ons leer?

  • Deur die Skrif te lees en te verteer. Ons moet wysheid kry uit dit wat ons lees.
  • Modelle wat ‘n impak op verskillende vlakke het.

 

Wat doen modelle?

Modellering is nie dieselfde as heldeverering nie. In heldeverering fokus ons op die persoon wat bewonder word. As God egter modelle voor ons bring fokus ons ons denke op God wat ons modelle in staat gestel het om te leef en te dien. Ons fokus nie op die persoon self nie. Modelle help ons om die grootheid en goedheid van God duideliker te sien.

  • Modelle vergroot ons visie. Modelle laat my die morele en geestelike ideale wat Christene so hoog aanslaan, duideliker sien. Abstrakte ideale kry lewe as ons sien hoe hulle uitgeleef word. Natuurlik is Jesus Christus die beste model ooit. Kyk na modelle om jou en sien hulle nederige liefde. Dit fokus en vergroot ons visie van liefde.
  • Modelle laat ons besef wat kan en behoort te wees in ons lewens. Modelle wys vir ons moontlikhede waaraan ons nooit gedink het nie.
  • Modelle kan ons in ons roeping help. Baie sendelinge is deur die voorbeeld van ander sendelinge getrek.

 

Die primêre model vir alle Christene is Jesus Christus. In sy voorbeeld kry ons die krag om ons lewens te verander.

 

image_pdfimage_print