Moet jongmense die fokus van die kerk wees?

image_pdfimage_print

 

Christology is like a nail. The harder you strike it, the deeper it goes – Yemelion Yaroslavsky

 

Moet jongmense die fokus van die kerk wees?

Moet jongmense tussen 18 en 23 jaar die fokus van die kerk wees? Hoekom? Hier is ‘n paar redes daarvoor:

  • Hierdie jongmense stel die geestelike trajek vir hulle hele lewe vas

Dink terug aan jou eie geestelike reis. Natuurlik is daar baie mense wat eers later in hulle lewe tot bekering kom, maar vir meeste is dit ‘n ander storie. Meeste mense kom tot geloof in Jesus Christus op ‘n redelike vroeë ouderdom. Hierdie bekering word gevolg deur klein keuses en aanpassings en ‘n  stadige groei in heiligheid oor baie jare. Vir baie mense vind hierdie koersaanpassing juis op die ouderdom 18 tot 23 jaar plaas – dan word hulle die mense wat hulle die res van hulle lewens sal wees. Op hierdie stadium van jou lewe neem jy groot besluite – waar gaan jy werk, met wie gaan jy trou … en gaan hulle by die kerk betrokke wees.

 

  • Hierdie jongmense maak hulle keuse oor betrokkenheid by die kerk al dan nie juis op hierdie ouderdom.

Gewoonlik is hulle nou weg uit die huis en van hulle ouers. Nou moet hulle nog ‘n belangrike besluit neem: Moet ek by die kerk betrokke raak? Baie van hierdie jongmense het nog nooit hierdie vraag op hulle eie beantwoord nie. Geen wonder baie besluit om nie by die kerk betrokke te raak nie. Is dit die fout van hulle ouers of die kerk? Nee. Dikwels openbaar hierdie nuwe onafhanklikheid maar net dat hulle nooit vantevore hulle aan Christus oorgegee het nie. Maar ook vir gelowige jongmense is dit ‘n belangrike tyd: hier word die patroon van hulle betrokkenheid by die kerk dikwels bepaal.

 

  • Hierdie jongmense bring lewe, lewenskragtigheid, diens, wysheid en energie in die kerk in.

Ons het hierdie jongmense in ons kerke nodig. Ja, hulle het ons nodig, maar ons het hulle ook nodig. Ons moet hierdie jongmense produktief in ons bedienings gebruik.

 

  • Baie jongmense verlaat op hierdie ouderdom die kerk

Hulle kry ‘n werk; hulle mag wegtrek na ‘n ander stad. Dit is juis hierdie tydelike aard van hierdie jongmense wat hulle bediening strategies belangrik maak. Daarom is dit so ‘n hoë prioriteit. Die kerk het hulle nodig.

 

Gee aandag aan hierdie 18 – 23 jariges in jou midde. Ontmoet hulle; jy moet hulle liefhê; onderrig hulle; kry hulle betrokke by bediening. Dan verheug jou as hulle uitgaan en vir Jesus Christus getuig waar hulle ook al mag kom.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...