Moet mense volgelinge van Jesus Christus wees?

image_pdfimage_print

 

The role of a pastor is not to grow a big church. The pastor’s role is to grow mature disciples who make disciples. — Rick Howerton

 

Moet mense volgelinge van Jesus Christus wees?

‘n Leser vra vir Lee Strobel: Is dit nie ‘n bietjie meerderwaardig om te sê dat jy ‘n volgeling van Jesus moet wees as jy in die hemel wil kom nie?

 

Lee Strobel antwoord: Dit kan sekerlik so klink. Ongelukkig is sommige Christene baie arrogant in die manier waarop hulle hulle geloof uitleef en aan ander kommunikeer. Die egte Christelike geloof is alles behalwe arrogant en eksklusief.  Kom ons verbeel ons daar is twee klubs. Om lid te word van die eerste klub moet jy ‘n lang lys streng reëls nakom – jy moet jou lidmaatskap verdien. Jy moes iets in die lewe bereik het; jy moet ‘n lang lys vereistes nakom voordat jy ‘n lid kan word. Ten spyte van al hulle pogings is daar baie mense wat dit nie maak nie – hulle word uitgesluit. Dit is hoe ander godsdienssisteme is.

 

Die tweede klub se deure staan wyd oop. Hulle nooi almal in – ryk en arm, swart en wit, maak nie saak waar jy woon nie. Hulle wil jou graag insluit by hulle klub. Toegang word nie deur jou kwalifikasies of pogings bepaal nie – jy moet net die uitnodiging aanneem. Jesus het reeds vir jou lidmaatskap betaal. Jy moet besluit, maar die klub sal jou nooit wegwys as jy in nederigheid en opregtheid toegang soek nie. Dit is hoe die Christendom is.

 

Watter klub is arrogant? Christene is nie arrogant nie, hulle is gasvry. Hulle verbeel hulle nie hulle is beter as ander nie – nee, hulle erken hulle eie swakhede en nooi ander wat swak voel om by hulle aan te sluit om te kry wat hulle deur Christus gekry het.

T. Niles som opregte Christenskap goed op as hy sê ons is een bedelaar wat vir ‘n ander bedelaar vertel waar hy kos kan kry.

 Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet! (Openbaring 22:17).

 

 

image_pdfimage_print