‘n Buitengewone vaardigheid vir gewone Christene

image_pdfimage_print

 

When our Lord says, we must be converted and become as little children, I suppose He means also, that we must be sensible of our weakness, comparatively speaking, as a little child.
 – George Whitefield

 

‘n Buitengewone vaardigheid vir gewone Christene

Dra mekaar se laste (Galasiërs 6:2)

Ons glo dat groot dade belangrik is, maar heg maar min waarde aan klein dade. In sy kommentaar op Galasiërs 6:2 sê John Stott:

“To love one another as Christ loved us may lead us not to some heroic, spectacular deed of self-sacrifice, but to the much more mundane and unspectacular ministry of burden-bearing.”

So baie van ons goeie dade is klein. Ons dink hulle is onbenullig.

 

‘n Belangrike vaardigheid wat Christene moet ontwikkel is om die las van ander te ontdek en dan daardie las ligter te maak. Dit klink so alledaags, maar dit verheerlik en eer God.

 

In Matteus 25:31 – 46 lees ons van die skape en bokke wat by die laaste oordeel geskei word. Het jy al ooit stilgestaan en nagedink oor die kriteria wat by hierdie skeiding gebruik gaan word?  Die gelowiges word van die ongelowiges geskei nie op grond van groot, buitengewone dade wat deur almal raakgesien word nie. Nee, die betekenisvolste dinge was so klein dat ons al daarvan vergeet het. Die dinge wat hier genoem word is honger, dors, huisvesting, klere, verpleging en besoeke in die tronk. Hierdie klein dingetjies staan uit as bewyse van ons verlossing en toewyding aan ander en die heerlikheid van God.

 

Soek diegene wat ‘n las dra. Ontwikkel die vaardigheid en gewoonte om hierdie laste raak te sien en bepaal hoe jy hulle gaan hanteer. Om mekaar se laste te dra, is ‘n groot bediening – dit is iets wat elke gelowige kan en moet doen. Daarom, sê Martin Luther: “Christians must have strong shoulders and mighty ones’—sturdy enough, that is, to carry heavy burdens.”

 

 

 

image_pdfimage_print