‘n Goeie gewete is ‘n gewete om te geniet.

image_pdfimage_print

 

There is a danger that grace can become a topic we discuss rather than a power we experience. —Heath Lambert

 

‘n Goeie gewete is ‘n gewete om te geniet.

Ons kyk nou na die vierde en laaste kenmerk van ‘n gewete wat die wêreld kan verander.

‘n Goeie gewete is ‘n groot vriend. Dit help ons in voor- en in teenspoed. In Handelinge 24 besef Paulus dat die doodstraf ‘n sterk moontlikheid is. Hy verkondig die opstanding en die finale oordeel van alle mense. In hierdie konteks verklaar hy sy skoon gewete, Sy oë is gerig op die laaste hof waarin hy sal staan. Dit is sy hoop; dit is waarna hy uitsien. Hy kan met vreugde daarna uitsien, want hy weet hy het ‘n skoon gewete.

 

Watter vreugde om so ‘n gewete te hê – ‘n gewete wat na die opstanding en finale oordeel met hoop kan uitsien. Een van die Puriteine het gesê dat ‘n skoon gewete die sagste kussing is. Abraham Lincoln was president net na die burgeroorlog in Amerika. Die land was verdeeld. Hy het besef dat hy foute sou maak, maar hy was vasbeslote om nooit sy integriteit te verloor nie. Daarom kon hy sê dat as hy sy termyn voltooi het hy alle vriende mag verloor het, maar dat hy nog een vriend oor sal hê – and that friend shall be down inside of me.

 

In sy the Holy War skryf John Bunyan van die gewete en noem hom “Mr Recorder.” Hy skryf onder andere: Because being punished by men can be better than being tormented by conscience. Om te leef met ‘n gewete wat ons aankla, is erg genoeg, maar om te sterf met ‘n gewete wat jou aankla, is nog erger.

 

‘n Goeie gewete kon Martin Luther laat vas staan al was die hele kerk teen hom. Mag God ons seën met ‘n soortgelyke sterk en skoon gewete wat nie net ons innerlike wêreld sal verander nie, maar ook die wêreld waarin ons leef.

 

 

image_pdfimage_print