Openbaring 13
Openbaring 13 – Pieter Verster
Johny vra:
Verwys die draak en die dier in Openbaring 13 na die Rooms Katolieke kerk en die Pous?
Antwoord:
Prof. Pieter Verster antwoord:
Aanvanklik verwys die draak en die dier na die Romeinse keiser wat die Christene wreed vervolg het. Openbaring is geskryf om die Christene te versterk en te verseker van Jesus Christus se oorwinning. Luther was van mening dat die Rooms-Katolieke kerk in sy tyd so verword het en die ware gelowiges ewe-eens vervolg dat die Pous die Antichrist is en die Rooms-Katolieke kerk van sy tyd die valse kerk was. Sake het baie verander en vandag is daar baie ander wat die ware gelowiges vervolg terwyl die Pous geloof in Jesus Christus bevorder. Die draak en die dier verset hulle radikaal teen Christus en sy kerk en is dus van toepassing op hulle wat die kerk redeloos vervolg.
Skrywer: Prof Pieter Verster