www.bybelkennis.co.za Blog

Henri Nouwen se visie van die kerk

Christianity is one beggar telling another beggar where he found bread – DT Niles Teoloog van Sri Lanka

 

Henri Nouwen se visie van die kerk

Henri Nouwen se visie van die kerk:

Diegene wat op die rand van die samelewing woon, staan sentraal in die kerk – en dit is soos dit behoort te wees.  Lidmate van die kerk word opgeroep om na die rante van ons samelewing te gaan. Die haweloses, die wat honger het, kinders sonder ouers, mense met VIGS, ons broers en susters wat emosioneel versteurd is – hulle verdien ons eerste aandag.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (13)

Children have never been very good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them. -James Baldwin, skrywer (1924-1987)

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (13)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

Die opstanding: Ek glo aan … die opstanding van die vlees

Paulus se radikale transformasie

I believe in order to understand – Augustinus

 

Paulus se radikale transformasie

Om te dink Paulus preek vir nie-Jode in Efese. Toe hy nog as Saul van Tarsus bekend gestaan het, was hy ‘n lid van die Fariseërs; hy was sterk teen Jesus Christus gekant; hy was allermins lief vir heidene en Christene. Wat het gebeur wat sy lewe so drasties verander het?

Ek ken die toekoms

Christ is much more powerful to save, than Adam was to destroy. —John Calvin

 

Ek ken die toekoms

Baie mense maak “kundige” voorspellings – en dan verloop dinge anders as wat hulle verwag het. Hier is ‘n paar interessante voorspellings:

  • Ek kan nie dink aan enige ramp wat hierdie skip kan tref nie. Moderne skeepsbou is te gevorderd (Edward J. Smith, kaptein van die RMS Titanic, 1912)