www.bybelkennis.co.za Blog

Die wedergeboorte

Die wedergeboorte – Francois Malan

Edith Roodt vra:

Ek sal graag meer wil weet oor die wedergeboorte. Is daar n sekere proses waardeur jy moet gaan alvorens jy kwalifiseer (gebruik net n voorbeeld)? Ek het al so baie gelees, soos dit kom net van God af wanneer Hy dink jy is reg? Dit is so n belangrike onderwerp en tog voel dit asof daar nie baie gepreek word oor die wedergeboorte nie – waarsonder niemand in die Hemel kan kom nie.

Geloofsvrae: Die sending

Geloofsvrae: Die sending Adrio König

Die sending

Die sending word dikwels as dié teken van die tye gesien, en wel in die sin dat die Here nog nie weer kan kom nie omdat alle volke nog nie die evangelie gehoor het nie. Daar word veral verwys na Jesus se woorde: `En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom’ (Mat 24:14). Met die eerste oogopslag lyk dit asof ons benadering tot die tekens van die tye hiermee ernstig bevraagteken word.

Geloofsvrae: Die Antichris

Geloofsvrae: Die Antichris – Adrio König

Die Antichris

Die Antichris is ‘n teken dat die einde naby is. Paulus het in sy prediking dikwels nadruk hierop gelê (2Tes 2:5). Alreeds vroeg in sy bediening verwag hy hom dan ook enige oomblik (vgl die woordjies `nog’ en `al’ in 2Tes 2:6,7).

Geloofsvrae: Die tekens van die tye

Geloofsvrae: Die tekens van die tye – Adrio König

Die tekens van die tye

Die wederkoms was van die begin af naby.

Hierdie agtergrond dat Christus se wederkoms al in die tyd van die NT naby was, help ons om te begryp wat bedoel word met die tekens van die tye, die tekens dat Christus se koms naby is. Die beginsel is eenvoudig: Jesus en die apostels het nie dié tekens bedoel as aanduidinge wat die gelowiges sal help om te bepaal wanneer sy koms naby sal wees nie – immers sy koms was van die begin af naby – maar as staande herinneringe dat sy koms (altyd!) naby is en ons altyd gereed moet wees om Hom te ontvang.