www.bybelkennis.co.za Blog
Geloofsvrae: Christus-Gees – ’n ryk gevarieerde verhouding – Adrio König
Christus-Gees – ‘n ryk gevariëerde verhouding
Dit is nie maklik om die verhouding tussen Christus en die Gees te beskryf nie. Hulle word op ‘n merkwaardige manier afgewissel. Die gelowiges is in Christus (Rom 8:1) én in die Gees (Rom 8:9 OAV), Christus woon in die gelowiges én die Gees woon in hulle (Rom 8:10,11), die gelowiges praat deur Christus en deur die Gees (letterlik in 2Kor 2:17 en 1Kor 12:3), hulle is vrygespreek in die Naam van Jesus én deur die Gees (1Kor 6:11), hulle is in Christus geheilig (afgesonder) én deur die Gees geheilig (1Kor 1:2; Rom 15:16).
Geloofsvrae: Christus werk voort op aarde – deur die Gees – Adrio König
Christus werk voort op aarde – deur die Gees
Die tweede fout wat ons soms maak, is om te dink dat Christus se hemelvaart sy vertrek was en dat Hy die Gees gestuur het om Hom te vervang. Die hemelvaart het nooit in die NT die betekenis dat Jesus vertrek en dat Hy ‘n plaasvervanger sal stuur nie. Trouens soos die maagdelike geboorte en begrafnis van Christus, is ook sy hemelvaart nie een van die uitstaande gebeurtenisse in sy lewe waaraan besondere heilsbetekenis toegeken word nie.
Masturbasie – reg of verkeerd – Kobus Kok
‘n Leser vra:
In die Bybel is ‘n gedeelte: Stort jou saad eerder in die palm van jou hand as in die buik van ‘n hoer. Waar staan dit? Wat is die Bybel se standpunt omtrent selfbevrediging.
Geloofsvrae: Die Gees werk deur Christus – Adrio König
DIE HEILIGE GEES
Die verhouding tussen die Gees en Christus
Die Gees het deur Christus gewerk
Waarom is die hoofstuk oor die Heilige Gees die kortste van al die hoofstukke? Is dit ‘n teken dat ons eintlik verleë is oor die werk van die Gees? Oor Jesus skryf ons so baie, en oor die Gees so min?