www.bybelkennis.co.za Blog
Geloofsvrae: Liefdeloosheid – Adrio König
Die wese van die sonde
4. Liefdeloosheid
As ons besluit om as eerste grondvorm of kernbegrip van sonde na liefdeloosheid te kyk, pas dit logies in by ons siening van God, en van die mens wat op ons siening van God gebou is. God is eintlik liefde, en die mens is geskape as die beeld van God wat beteken dat ons iets van die wese van God – dit is sy liefde – moet weerspieël. Dit klop daarmee dat Jesus die hele wil van God vir ons lewe kan saamvat in twee liefdesgebooie.
Christus in die Hel – Francois Malan
Frank vra:
Was Christus ooit werklik in die hel? Ek verwys hier na die Apostolicum…en ter helle neergedaal.
Geloofsvrae: Vorme van sonde – Adrio König
Die wese van sonde
3. Vorme van sonde
In die geskiedenis van die teologie is daar ‘n paar sondes wat altyd weer die aandag getrek het soos ongehoorsaamheid, hoogmoed, begeerte. Al drie is altyd by voorkeur uit Gen 3 afgelei, en dit dui al dadelik daarop dat daar tradisioneel eensydige aandag aan hierdie hoofstuk gegee is in die leer oor die sonde.
Geloofsvrae: Strukture – Adrio König
Die Wese van die sonde
2. Strukture
Maar sonde is ook meer as slegte verhoudings. Sonde néstel ook in strukture, en dit is juis in strukture waar die mag van die sonde duidelik na vore kom.