www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Geskiedenis

Geloofsvrae: Geskiedenis – Adrio König

Geskiedenis

Dit is in hierdie verband nodig om iets te probeer sê oor die aard van die geskiedenis wat God met ons maak. Dit is egte geskiedenis waarin daar egte beslissings val, van sy kant, én van ons kant. Dit is nie ‘n toneelstuk wat vooraf geskryf is en nou net opgevoer word nie – ‘n siening waartoe ‘n mens omtrent genoodsaak is as jy die pad van sy verborge-wil-as-sy-eintlike-wil loop.

Die Wysheid in Spreuke 8

Die Wysheid in Spreuke 8 – Francois Malan

Andre vra: 

Wie is Wysheid waarvan Spreuke 8 praat, want Hy sê Hy was saam met die Here toe die aarde geskep is. Vers 22 – Die Here het my geskep. Dit kan dus nie God of Jesus wees nie, is dit dalk die Heilige Gees.

Geloofsvrae: God se almag

Geloofsvrae: God se almag – Adrio König

God se almag 

By die bespreking van die wese van God is doelbewus oor sy `mag’ gepraat. In die geskiedenis van die kerk is voorkeur gegee aan die begrip `almag.’ Dit is een van ‘n aantal begrippe wat mense vir God gebruik, maar wat nie so direk uit die Bybel afkomstig is nie maar eerder uit sekere strominge in die Griekse filosofie, begrippe soos alomteenwoordigheid, alwetendheid, onkenbaarheid. Daarom is die bespreking van hierdie begrippe tot nou toe uitgestel. Kom ons kyk eers na die begrip almag.

Laat sy Liefde jou Lei: Ken jy Hom?

Laat sy Liefde jou Lei: Ken jy Hom? – Milanie Vosloo

Kén jy Hom? 

“U het gesê: ‘Luister, want Ek wil met jou praat! Ek sal jou vra, en jy moet My antwoord.’ Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oё gesien…” Job 42:4-5