www.bybelkennis.co.za Blog

Is God en Allah een?

Is God en Allah een? – Jan van der Watt

Juliana vra:

Die antwoord op die webblad lees dat Allah ‘n god van Mekka wat verwar was met God (Here) en toe aanbid is. Maar ek verneem dat daar baie ooreenkomste is tussen die Bybel en Koran aangaande “Bybelse” geskiedenis en sommige mense sê ook dat God en Allah dieselfde god is. Dat Jesus ook erken word as ‘n profeet maar dat Mohammed die eintlike ware profeet is.

Die Groot Geloofswoordeboek: Pentateug/Heksateug

Die Groot Geloofswoordeboek: Pentateug/Heksateug

Pentateug • Heksateug

Die Pentateug is die eerste vyf boeke van die Bybel (Grieks: pen­te, wat vyf beteken) wat ook bekend staan as die wet (die Torah) of die vyf boeke van Moses. Tot in die tyd van Jesus was daar groepe soos die Sadduseërs wat net hierdie boeke as gesaghebbend er­ken het. Dit is die rede waarom die *Sadduseërs, anders as by­voorbeeld die *Fariseërs, nie geglo het daar sal ‘n opstanding wees nie. Daar staan niks van ‘n opstanding in die Pentateug nie.