www.bybelkennis.co.za Blog
Hoe lees ek die Bybel vandag? – Stephan Joubert
Het die Bybel vetoreg wanneer kerklike tradisie en moderne waardestelsels ter tafel is? Ja, die Bybel oorroep tradisie en kerkleer, tydsgees en menslike kontekste van buite af. Die Bybel is die geldige begin – en eindpunt binne enige konteks waar die lewende God as vernaamste Gespreksgenoot, Getuie en Normbron beskou word.
Etes en kos in die Bybel (2) – Jan van der Watt
Brood was ‘n basiese bestanddeel van enige huishouding se diëet. Brood was deel van elke aandete (en selfs van ander etes gedurende die dag). Brood was nie alleen ‘kos’ nie – dit was veel meer. Dit het ook diens gedoen as ‘eetinstrument’. Daar was gewoonlik ‘n bak met sous of vleis in die middel van die tafel.
Die Groot Geloofswoordeboek: Pinksterkerke/Charismatiese Kerke
Pinksterkerke • Charismatiese kerke
Alhoewel hierdie twee groepe kerke baie in gemeen het, is daar ook duidelike verskille. Die eerste verskil is die tyd van ontstaan. “Pinkster” (soos die Pinksterkerke soms genoem word) het teen die begin van die vorige eeu in Amerika ontstaan, terwyl die Charismatiese beweging ‘n halfeeu later, in die laat 1950’s begin het.
Annus virtualis – Stephan Joubert
Annus virtualis, die jaar/era van virtualiteit is op ons. Een en ‘n half miljard mense wêreldwyd is reeds aanlyn- vele vir langer as 20 ure per week. Meer as 2 triljoen dollar se besigheid word jaarliks op die internet gedoen, met 33 % boeke wat tans aanlyn verkoop word. Facebook het reeds in 2009 met 5 miljoen mense per week gegroei, met 140 miljoen nuwe lede wat tussen Februarie 2007-Maart 2009 aangesluit het. Twitter spog ook met meer as 800 miljoen lede.