www.bybelkennis.co.za Blog
Grootdoop en Kleindoop – Kobus Kok
Bernard vra:
Ek is steeds lidmaat van die NG Kerk en het lank met my dominee oor die doop gesels omdat ek baie deurmekaar geraak het want een sê so die ander sê so. Ek glo dit is sonde om die kleindoop te verwerp, want ek is kleingedoop en ek gaan oor na ander kerk soos die AGS en ek laat my oordoop. Die doop red niemand nie. Jesus het mos in die Jordaanrivier in ons plek gedoop.
Die Groot Geloofswoordeboek: Moralisme
Moralisme benadruk die korrekte optrede sonder voldoende beklemtoning van godsdienstige belewing. Dit word ook wettisisme genoem.
Die Groot Geloofswoordeboek: Moederbelofte
Genesis 3:15 word die “Moederbelofte” genoem; dit beteken die eerste van alle beloftes. Baie mense meen dit is alreeds ‘n belofte van die *Messias of *Verlosser wat eendag sou kom, en noem dit dan die “Proto-evangelie” of eerste evangelie.
Katolieke Kerk – Pieter Verster
Jurgens vra:
Is Katolieke Christene? Gaan hulle hemel toe? Hulle bid aan Maria as “tussenganger”. Is dit nie afgodery nie? Moet my asb nie hierdie politiese korrekte antwoord gee nie – maar ek weet reeds dis wat julle gaan doen…. As dit olraait is dat hulle bid tot Maria, hoekom kan ek nie tot my pa bid wat dood is toe ek 10 was nie? Komaan ouens – gee my ‘n reguit eerlike antwoord.