www.bybelkennis.co.za Blog

Daniël 9

Daniël 9 – Marius Nel

Antoinette vra:

Die Amerikaners gebruik Daniel 9:20 tot 27 om hulle siening van die wegraping en die 7 jaar van massa bekering van die Jode te bevestig. Hoe moet ons daardie verse verstaan?

Salwing

Salwing – Marius Nel

‘n Leser vra:

Vraag 1: Ek wil weet, as mens sondig, verloor mens die Heilige Gees, al het jy Jesus baie jare gelede aangeneem en het in tale gepraat? Is daar ooit ‘n kans op herstel? Al weet jy dis verkeerd, maar word oorweldig deur swakheid vir ‘n oomblik, en doen dit dan weer.. en weer, al baklei jy daarteen en probeer so hard om dit nie weer te doen nie.

Vraag 2: Verloor mens jou salwing agv sonde? As jy nou iets doen, vergifnis vra met ‘n berou in jou, maar oor ‘n maand gebeur dit weer.. jy voel weer sleg en vra weer vergifnis.. wat gebeur met jou salwing? Vraag 3: Wat is Salwing presies?

Europese volke in die Ou Testament

Europese volke in die Ou Testament – Marius Nel

Gerrie vra:

Ek wil graag weet , die Egiptenare was in Egipte ens. Toe die Here op die aarde was, was daar ook Duitsers , Engelse, Franse ens? Hoekom was daardie volke nooit iewers in die Bybel genoem nie? Met ander woorde wat ek wil weet, waar kom al die landstreke vandaan en wat was hulle in daardie tyd genoem? Na die vloed was dit net Noag se mense op die aarde, waar kom die hele wêreld nou vandaan? Is ons regtig afstammelinge van die ape? God het tog die mens volgens Sy beeld geskape.