www.bybelkennis.co.za Blog
Die Jode – Adrio König
Jan Smith vra na aanleiding van ‘n artikel oor die Jode op die webblad
Die artikels van Prof Adrio oor die Jode het betrekking. Hy sê dat volgens die inligting in die Nuwe Testament het die Jode as volk geen toekoms behalwe om jaloers gemaak te wees op die Heidense Christen gelowiges en aldus tot bekering moet kom om deel van die Nuwe Testament gemeente te word.
Die Groot Geloofswoordeboek: Kreasionisme
Kreasionisme
Kreasionisme is die leer dat die skepping plaasgevind het “presies soos dit in die Bybel staan”. Die oortuiging is dan dat dit in die Bybel staan dat God die heelal omtrent 6 000 jaar gelede in ses dae net deur bevele (“deur die woord”) uit niks gemaak het.
Die Groot Geloofswoordeboek: Koninkryk van God
Koninkryk van God • Satan/Duiwel • Bose geeste/magte • Chaosmagte • Eksorsisme (Duiweluitdrywing)
Eintlik lyk dit na ‘n vreemde samevoeging in een bespreking: die koninkryk van God en die duiwel! Maar daar is ‘n baie belangrike verband tussen hierdie begrippe. Hulle staan presies teenoor mekaar. Daarom kan ‘n mens nie die een sonder die ander verstaan nie. Die koninkryk van God kom juis wanneer Jesus die duiwels uitdryf. Daarom hierdie vreemde kombinasie van begrippe.
Die Groot Geloofswoordeboek: Koninkryk van God en Bose Magte
Jesus se stryd teen die duiwel en hierdie bose magte, en veral sy oorwinning oor hulle, is dié voorbeeld van die koms van die koninkryk van God. Geen ander faset van Jesus se aardse bediening word meer beklemtoon in die Evangelies as juis sy duiweluitdrywing (eksorsisme) nie.