www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Algemene openbaring en besondere openbaring
Algemene openbaring en besondere openbaring is twee kante van dieselfde saak: hoe God Hom aan ons bekend gemaak het. Die algemene openbaring is God se openbaring in die natuur, die geskiedenis en die gewete van die mens. Die besondere openbaring is sy openbaring veral aan Israel en in Jesus van Nasaret, waarvan ‘n verslag in die Bybel opgeteken is. ‘n Mens sou die een ook sy onpersoonlike openbaring kon noem, en die ander een sy persoonlike openbaring.
Die Groot Geloofswoordeboek: Afrikaanse kerke – Susterskerke
Daar is drie kerkgenootskappe wat bekend staan as die “Afrikaanse kerke”: die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK), en die Gereformeerde Kerke (GK). Dit is kerke wat tradisioneel net wit lidmate aanvaar het en net Afrikaans gebruik het. Vandaar die naam “Afrikaanse kerke”. Die drie denominasies het dieselfde belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, wat almal dateer uit die tyd kort na die Kerkhervorming.
Die Groot Geloofswoordeboek – Inleiding
Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Die Groot Geloofswoordeboek deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van meer as 500 geloofswoorde.
Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.
Vrouwees (en manwees) in die Bybel – Enkele kantlyn aantekeninge – Stephan Joubert
In die ou tyd was vroue tweedeklas-burgers. Aristoteles, die groot filosoof uit die vierde eeu voor Christus, het al gesê dat vroue eintlik maar misvormd-gebore mans is!