www.bybelkennis.co.za Blog

IOU

IOU  – Jan van der Watt

Marinda vra:

Is dit korrek dat die leraar aandring op ‘n IOU as die kollekte opgeneem word. Ek is nie gemaklik met hierdie hele geld storie in die kerk nie. Dit voel vir my al asof die geld oes meer belangrik is as die siele oes. Ons skuld mos nie geld aan God nie, maar wel gehoorsaamheid en die verkondiging van sy Woord om siele te red. Dit voel vir my asof die leraar te veel fokus op die kollekte oes, en hoe “meer jy gee,” hoe meer sal jy terugkry.

Die Doop – Vraag

Die Doop – Jan van der Watt

ʼn Leser vra:

Ek sit gereeld in ander kerke as die NG Kerk vanweë my belangstelling in die ekumene, en hoor mooi goed, maar ook goed wat ek wonder waar hulle dit vandaan kry! ‘n Kort vraag hieroor: In n preek in ‘n AGS verwante gemeente hoor ek ‘n doop preek wat probeer motiveer waarom die inseëning daar is (waar ouers babas inbring om in die kerk ingeseën te word , in plaas van om gedoop te word), en waarom die groot bekeringsdoop daar is.

Die Kersboom

Die Kersboom – Marius Nel

 

Louis Muller vra:

Jeremia: 10:1-4: Hoor die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel! (2) So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. (3) Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. (4) Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Is dit waar ons “kersboom” tradiese vandaan kom?

1 Korintiërs (8)

1 Korintiërs (8) – Francois Malan

 

Sommige Korintiërs verwerp die opstanding van die liggaam as ‘ongeestelik’ (15:1-58)

Die Grieke het die liggaam as die tronk van jou siel beskou. Party lidmate dink hulle is reeds ‘geestelik’ met ʼn soort engele-bestaan, waarvoor die liggaam nie nodig is nie, en dat die dood hulle van die liggaam verlos. En tog glo hulle en die hele kerk dat Christus uit die dood opgewek is