Spreuke: Wat is wysheid (2)

image_pdfimage_print

Spreuke: Wat is wysheid (2)

Die spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat (Spreuke 1:2).

Ons het gister gesien dat wysheid moraliteit insluit, maar dat dit meer as dit is. Vandag kyk ons na ‘n tweede aspek van wysheid, naamlik dissipline. Die Hebreeuse woord wat hier met onderrig vertaal word, beteken onderrig met sterk aanspreeklikheid. Dit beteken jy word gedril deur ‘n instrukteur. Wysheid kom dikwels deur die pyn van persoonlike konfrontasie deur vriende [ ‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly – 27:5] of deur uit jou foute te leer (26:11) of deur die lyding wat God in jou lewe toelaat [ My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat HY liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun – 3:11 – 12].

Om wys te word, beteken jy word ‘n gedissiplineerde persoon. – nie impulsief nie, maar bereid tot selfondersoek,, tot omsigtigheid en tot helder denke. Dit is om ‘n geharde persoon te word wat deur die slae van die lewe ‘n kalm n vindingryke persoon geword the.

Kyk na jou eie lewe. Sien jy waar God probleme gebruik het om jou wys te maak?

 

 

image_pdfimage_print