Werk: Werk saam met God se versoeningsending (2)

image_pdfimage_print

The Christian must surely be so disposed and minded that he feels within himself it is with God he has to deal througout his life – Johannes Calvyn

Werk: Werk saam met God se versoeningsending (2)

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Wat het dit nou met die kerk te doen? Hoe kan ons werk van betekenisloos na betekenisvol verander soos God dit beplan het? Hoe kan die gemeente weer werk as ‘n instrument van God se vrede herwin? Elke gemeente moet met sy eie strategieë wat by sy konteks pas na vore kom. Hier is ‘n paar idees:

  • Help mense om goeie bo slegte werk te herken en te verkies

Slegte werk is betekenloos en buit mense uit; die plaas die sisteem voor die mens. Goeie werk is goed vir die gemeenskap en goed vir die persoon wat dit doen. Die kerk moet langs mense wat vrae oor roeping en werk het, kom. Die gemeente moet mense help om hulle gawes te onderskei en dan daardie gawes te ontwikkel en uit te oefen.

  • Ondersoek die moontlikhede en beperkings van werk as aanbidding

Werk is nie die hoofdoel van die mens se lewe nie. Maar goeie werk wat goed gedoen word, kan ‘n vorm van aanbidding wees. God is teenwoordig selfs in die alledaagse take. God wat so baie vir ons omgee dat Hy in alles wat ons doen teenwoordig wil wees, is waarlik ‘n God van liefde. Werk is moeilik; werk is altyd daar. Selfs te midde van dit alles kan ons ons werk doen ter verheerliking van God. Op hierdie punt verkrummel die grens tussen sekulêre werk en werk vir God.

  • Bevorder geregtigheid wat met werk verband hou

Dit is verbasend hoe baie van vandag se sosiale ongeregtighede met werk verband hou. Dink maar aan dinge soos kinderarbeid.

  • Identifiseer die menslike hulpbronne in die gemeente en gebruik hulle vir die versoeningswerk van die koninkryk

Elke lidmaat het vaardighede wat gebruik kan word. Ons gemeentes moet die bron vir goeie werk in ons buurt wees. Dit kan gebeur deur werkgewers wat vir goeie werkers soek en werkers wat vir goeie werke soek met mekaar te verbind. Gemeentes moet lidmate help om hulle vaardighede en talente te ontdek en te gebruik om hulle gemeenskappe te help om volwasse en gesond te wees.

Gemeentes kan hulle lidmate en hulle Godgegewe gawes beter leer ken en dan soek vir geleenthede om hulle vaardighede te verbeter op so ‘n wyse dat dit tot voordeel van die plaaslike gemeenskap is.

Volgende keer kyk ons na Sabbat: Die ritme van versoening.

image_pdfimage_print

You may also like...