Apologetiek: Apologetiek en die werklikheid

image_pdfimage_print

I don’t know what your destiny will be, but one thing I do know: the only ones among you who will be really happy are those who have sought and found how to serve. -Albert Schweitzer, filosoof, geneesheer, musikus en Nobel-pryswenner (1875-1965)

Apologetiek: Apologetiek en die werklikheid

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Ons moet mense help om die krag, relevansie en oorredingskrag van die evangelie te ontdek en te waardeer. Jy moet mense help om dit wat reeds daar is, te waardeer

. Daarom moet ons ‘n diepe en ingeligte waardering vir die Christelike geloof ontwikkel. Maar ons moet ook die perspektief van ‘n buitestander ontwikkel. Ons moet verstaan hoe die waarhede van die Christelike geloof verdedig en verduidelik kan word aan mense wat nie met die woordeskat en praktyke van die geloof bekend is nie.

In 1666 het die wiskundige en fisikus Isaac Newton in sy laboratorium in Trinity College, Cambridge, ‘n belangrike ontdekking gemaak. Toe hy ‘n straal wit lig deur ‘n prisma geskyn het, word dit in die sewe kleure van die reënboog opgebreek. Hy besef dat ‘n soortgelyke proses die kleure van die reënboog moes verduidelik – reëndruppels breek die wit lig van die son in sy verteenwoordigende kleure op. Elke kleur was reeds teenwoordig in die wit lig, maar hulle individuele identiteit was nie sigbaar nie. Die prisma laat toe dat die kleure geskei en gesien kan word.

Die evangelie is soos ‘n straal van wit lig – ‘n ryk en ingewikkelde werklikheid bestaande uit ‘n aantal elemente. Elke element moet in eie reg bestudeer en waardeer te word. Ons moet hierdie verskillende elemente van Christelike verkondiging identifiseer en toepaslik gebruik.

Volgende keer kyk ons na die belang van die gehoor in apologetiek.

image_pdfimage_print

You may also like...