Apologetiek: Die teologiese basis vir apologetiek

image_pdfimage_print

It was well done of Paul to reprove Peter to his face, and it was well done of Peter, to praise Paul in his absence. —Thomas Adams

Apologetiek: Die teologiese basis vir apologetiek

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Apologetiek is ‘n gewilligheid om saam met God te werk om mense te help om sy heerlikheid te ontdek. Dit gaan nie oor die bemeestering en memorisering van ‘n stel tegnieke wat daarop ingestel is om argumente te manipuleer sodat die regte resultate verkry word nie.

Dit is om deur die Christelike geloof bemeester te word sodat die idees, temas en waardes van ons geloof diep in ons denke en harte ingeprent is. Dit is nie bloot ‘n meganiese herhaling van idees nie – dit gaan oor die natuurlike verwesenliking van antwoorde wat ons kan gee op mense se vrae en bekommernisse. Hierdie antwoorde ontstaan in ‘n diep en en passievolle betrokkenheid met die werklikhede van ons geloof.

Wat is ons probleem? Wat is ons behoeftes? Hoe kan hierdie behoeftes hanteer word? Ons kan in alle gevalle ‘n goeie antwoord gebaseer op die Christelike verstaan van dinge, gee. Daar is geen alternatief vir lang, harde, gebedvolle nadenke oor die groot geloofswaarhede nie..

Apologetiek kan alleenlik slaag as ons dinge in konteks plaas. Daarna gaan ons volgende keer kyk.

image_pdfimage_print

You may also like...