Is cannabis/dagga veilig?

image_pdfimage_print

I try to give to the poor people for love what the rich could get for money. No. I wouldn’t touch a leper for a thousand pounds; yet I willingly cure him for the love of God. – Moeder Teresa

 

Is cannabis/dagga veilig?

Dwarsoor die wêreld – ook in Suid-Afrika – pleit mense dat cannabis gewettig moet word, want dit is veilig. In van die state in die VSA is die verkoop daarvan wettig.

 

Prof Wayne Hall, ‘n adviseur oor dwelms by die Wêreld Gesondheidsorganisasie, het pas ‘n  studie wat 20 jaar geduur het, vrygestel. Wat was sy bevindings.

  • Een uit elke ses tieners wat die dwelm gereeld gebruik, word daaraan verslaaf.
  • Die dwelm verdubbel die risiko vir die ontwikkeling van allerhande psigotiese toestande – insluitend skisofrenie.
  • Gebruikers van die dwelm vaar slegter op skool. Swaar gebruik deur adolessente belemmer intellektuele ontwikkeling.
  • Een uit elke tien volwassenes wat die dwelm gebruik, raak daaraan verslaaf.
  • Diegene wat cannabis gebruik se risiko om later sterker dwelms te gebruik, is meer waarskynlik.
  • Om te bestuur na die gebruik van cannabis verdubbel die risiko vir ‘n motorongeluk. Hierdie risiko vermeerder verder as die bestuurder ook alkohol ingeneem het.
  • Om die dwelm tydens swangerskap te gebruik, verminder die baba se geboortegewig.

 

Hierdie studie oor die langtermyn gevolge van die gebruik van cannabis (gedoen oor baie jare) vernietig die argument dat cannabis veilig is. Dit is verslawend; dit veroorsaak geestesgesondheidsprobleme en open die deur vir die gebruik van sterk dwelms.

 

 

 

 

 

image_pdfimage_print