Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )

image_pdfimage_print

Die Groot Geloofswoordeboek: Ewigheid

Ewigheid – Adrio König

Dit is ’n apokaliptiese begrip (*Apokaliptiek) wat ons ons moeilik kan voorstel omdat dit nie deel van ons ervaringsveld is nie. Ons kan dit wel negatief stel teenoor ons ervaring van eindigheid en tydelikheid wat weldeeglik deel van ons ervaring is. Ons sien mense doodgaan; trouens, omtrent alles om ons vergaan, en ons word self stadigaan oud.

Die Groot Geloofswoordeboek: Godsdiensvryheid

Die Groot Geloofswoordeboek: Godsdiensvryheid

Godsdiensvryheid lê na aan die hart van Protestantse gelowiges. Dink maar net aan die dae van die Kerkhervorming toe die Pro­testantse geloof deur die Katolieke Kerk en sommige regerings in Europa verbied is. Dink net hoe ons voorouers in Frankryk vervolg en gemartel is en veral na Holland gevlug het van waar hulle na die destydse Kaap van Goeie Hoop geëmigreer het.

image_pdfimage_print