Category: Bybelse Temas en Sake

image_pdfimage_print

Die Eerste Brief van Johannes: Ken God. Die derde vereiste om in die lig te kan lewe: verwerp wêreldgesindheid en oorwin die bose (2:12-17) (a) Ken God (2:12-14)

Die Eerste Brief van Johannes: Ken God. Die derde vereiste om in die lig te kan lewe: verwerp wêreldgesindheid en oorwin die bose (2:12-17) (a) Ken God (2:12-14) – Francois Malan

In digterlike vorm, met twee stelle van drie sinne elk parallel geskryf, word die gelowiges se oorwinning oor die mag van die Bose besing. Teenoor die vorige verse oor die valse Christene, wat sê dat hulle in die lig is, maar in duisternis lewe, kan van die egte gelowiges gesê word dat hulle waarlik God se vergifnis ontvang het, Hom persoonlik ken, en die bose oorwin. Hulle word verseker van hulle verlossing. Verse 15-17 is ‘n waarskuwing aan Johannes se ortodokse lesers om die versoekings te weerstaan, en nie aan te pas by die wêreldse lewenswyse nie, wat die valse gelowiges vasgevang het.

Die tweede vereiste om in die lig te kan lewe: gehoorsaamheid (vervolg): (b) Bly in God en sy gebod (2:6-8)

Die tweede vereiste om in die lig te kan lewe: gehoorsaamheid (vervolg): b) Bly in God en sy gebod (2:6-8)

2:6 Waar 2:4 gesê het dat ons weet dat ons God ken as ons sy gebooie gehoorsaam, en 2:5 dat ons weet dat ons in Hom is, sê 2:6 ‘wie sê dat hy in Hom bly…’ – dit bou op na die klimaks. ‘Bly’ veronderstel ‘n intieme persoonlike kennis van God, ‘n lewe waar ek, deur die Heilige Gees se inwoning in my, permanent en onafgebroke aan God toegewy leef, soos Jesus op aarde geleef het – ‘… behoort te leef (letterlik: ‘moet wandel’) soos Hy geleef het.’

Voorbodes

Voorbodes – Francois Malan

’n Leser vra:

Dit gaan nou baie snaaks klink, maar ek moet dringend met iemand praat oor voorbodes. Dit het weer gister gebeur met my en ek verstaan dit nie. Ek wonder of dit nie my verbeelding is nie, maar ek dink nie so nie. Ek is reeds deur ’n mediese dokter as “anders” geklassifiseer. Ek wil verkieslik nie met sielkundiges praat nie, maar met ‘’n professor in Bybelkunde.

image_pdfimage_print