Category: Bybelse Temas en Sake
Die Verlore teks – Francois Malan
Thys vra:
Daar is egter nog waarwordings wat my verwonderd laat. Ons is in ‘n omgeegroep wat weekliks op Dinsdagmiddae bymekaar kom om uitsluitlik in die gees te groei.Wat opmerkend is,is dat vers 37 van HANDL 8:37 nie in die 1983 vertaling verskyn nie, maar wel in die3353 vertaling.Vir my is die waarde van en die rede vir Jesus se kruisiging en opstanding geheel hierdeur verydel aangesien die voorwaarde nl die geloof (glo) dat JESUS CHRISTUS die seun van GOD is wie vir ons sondes geserf het om ons voor HOM (GOD) Sy Vader te regverdig en dan juis hierom verseker dat ons nuut gebore moet word sodat ons met Sy wederkoms geheilig gaan word om in Sy Koninkryk saam met Hom te regeer en ewig te lewe Dit mag mos nie gebeur het nie, aangesien God ons in Deutr.2:2 daarteen vermaan om niks uit die woord te haal of by te voeg nie. Druis dit nie in met die Heiligmakings proses nie? Shalom.
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(3) – Hennie Stander
Hoofbedekking
Die meeste mans het ‘n hoofbedekking gedra in die vorm van ‘n stuk materiaal wat soos ‘n band met ‘n opgeslaande kant gevou is. Dit is dan soos ‘n tulband rondom die hoof gedraai. Die vrouens het weer ‘n vierkantige stuk materiaal gedra wat so gevou is dat dit die oë teen die son kon beskerm en verder het dit oor die nek en skouers gehang om sodoende volkome beskerming teen die son te kon bied.
Die betekenis van die doop – Francois Malan
Thys vra:
Wat is die betekenis, doel en verskil m.b.t. die Gelowige Doop, die Heilige doop, die klein(kinder/baba) doop, die groot(volwasse doop) en doping met die HeiligeGees. Doping met vuur. Water doop besprinkeling en /of onder dompeling.?
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(2) – Hennie Stander
Die gordel:
Die onderkleed.is om die persoon se middellyf met ‘n gordel vasgemaak wat van leer (Matteus,3:4) of van ‘‘n growwe kledingstof gemaak is. Omdat die gordel so lekker breed was, is dit dikwels so gevou dat geld of ander besittings daarin gebêre kon word (Markus.6:8 – die Griekse woord wat hier in die Afrikaanse vertaling met “.beursie“ vertaal word, beteken eintlik gordel). Hierdie gordel was baie handig en ‘n mens kon ook wapens of ander werktuie daarin steek (1 Samuel 25:13).