Category: Bybelse Temas en Sake
Kruisiging, dood en begrafnis van Jesus (19:16b-42) – Francois Malan
Johannes het baie in gemeen met die ander drie Evangelies, maar laat ook baie gegewens uit, en voeg ander gegewens in. Sy keuse van onderwerpe hang saam met sy boodskap dat Jesus die Koning is, dat sy verhoging aan die kruis sy kroningsplegtigheid is, die kroon op sy liefdesdiens aan die wêreld, God se hoogste liefdesoffer vir die sonde van die mensdom. Drie momente word uitvoerig vertel: die opskrif, die verdeling van sy klere, die vroue by die kruis; drie kruiswoorde vat saam wat Jesus aan die kruis gesê het. Daar is ook vier aanhalings uit die Skrif (19:24, 28-29, 36,37).
B1 Binne: Pilatus praat met Jesus oor mag/gesag (19:9-11) – Francois Malan
19:9 Pilatus se angs spreek uit sy vraag waar Jesus vandaan kom – uit die hemel of van die aarde? Die vraag is telkens deur mense gevra in hierdie Evangelie (7:27-29; 8:14;9:29-30). Is Jesus mens of god? As Hy werklik ‘n god is, vrees Pilatus vir die straf van die gode op hom. Jesus swyg egter soos die skaap van Jes.53:7 wat stil is voor sy skeerders. Hy het reeds by die eerste verhoor gesê dat sy koninkryk nie van hierdie wêreld is nie (18:36). Daarop het Pilatus skepties gereageer toe Jesus gesê het Hy het gekom om van die waarheid te getuig. Hoe sal Pilatus nou kan verstaan dat Jesus die ware God is? Slegs geloof kan die misterie van Jesus verstaan. (Openb.19:11-13).
D Die soldate mishandel en bespot koning Jesus (19:1-3) – Francois Malan
19:1 Die Romeine het drie soorte lyfstraf gegee: (i) fustigatio – wat Pilatus in Luk.23:16 voorgestel het: ‘nadat Hy gestraf is (paideusas – nie gésel, soos 1983-vertaal nie, maar met rottangs slaan), sal ek Hom loslaat’ – wat die Jode toe nie tevrede gestel het nie. (ii) flagellatio – met swepe, soos Mark.15:15 en Mat.27:26 se fragelloein). (iii) verberatio – met ‘n kats, swepe met stukkies been en lood aan, soos Johannes 19:1 se mastizoo in Grieks).
B Binne – Pilatus ondervra Jesus oor koningskap (18:33-38a) – Francois Malan
18:33 Pilatus se ondervraging van Jesus in die hofsaal begin met sy vraag: Is jy die koning van die Jode? (Die Romeinse reg het vereis dat die hoofklag teen ‘n gevangene drie maal aan hom in die hof gestel moes word). Uit Pilatus se vraag is af te lei dat die owerpriesters hulle godsdienstige aanklag van godslastering, dat Jesus Homself God maak, vir die Romeinse goewerneur verander het na ‘n politieke aanklag van opstand teen die regering, as die Messias/Christus/Gesalfde koning, wat die Jode verwag om hulle van die Romeinse oorheersing te bevry (Mat. 26:63-66). Die ander Evangelies bied Jesus se antwoord direk na die vraag aan. Johannes gee die antwoord eers in vers 37 nadat hy ‘n kritieke verklaring van die aard van Jesus se koningskap aanbied: