Category: Bybelse Temas en Sake
Die roeping van die eerste dissipels en hulle getuienis (Johannes 1:35-51) – Francois Malan
1:35-36 Die dag na Johannes se eerste aankondiging van Jesus as die Lam van God, staan twee van sy dissipels by Johannes toe Jesus verbykom. Johannes kyk reguit na Jesus en sê weer: Daar is die Lam van God. In dié Evangelie is die besef van Christus se komende lyding van die begin af aanwesig met die aankondiging dat Hy die Lam van God is.
Johannes die Doper se getuienis oor Jesus (Johannes 1:29-34) – Francois Malan
1:29 Die Doper onderbreek sy prediking, en voor die volk wat by hom vergader het, lewer hy die hoogtepunt van sy getuienis, die volle openbaring van die naamlose verhewe ‘Iemand’: ‘Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem (die woord airoo beteken: om op te tel en weg te dra, weg te neem, of verwyder soos die skare later geroep het: vat Hom weg, vat Hom weg, kruisig Hom, 19:15).
Die getuienis van Johannes die Doper (Johannes 1:19-34) – Francois Malan
1:19-28 voor die Joodse leiers
1:19 Die afvaardiging bestaan uit priesters en Leviete (die enigste plek in dié Evangelie waar hulle saam genoem word), wat wys na ‘n opdrag van die Joodse Raad van 71 lede (die Sanhedrin). Johannes die Doper uit die priesterlike geslag (Lk 1:5) is bestem om self priester te word, maar tree heeltemal afwykend op. Die Leviete was sangers en tempelwagte, lg. het skynbaar saam gekom om Johannes gevange te neem as dit nodig sou blyk. Die ondersoek volg op Johannes se optrede en die spekulasies oor hom.
Die Openbare bediening van Jesus (Johannes 1:19-12:50) – Francois Malan
Na die proloog volg die verhaal van Jesus se selfopenbaring onder sy eie mense, die Jode, waardeur baie tot geloof gekom het, maar die meerderheid besluit het dat Hy moet sterwe.