Category: Bybelse Temas en Sake
Alle Paaie lei na Jesus: Jesus eindig en vervang bepaalde dinge (1) – Adrio König
Hoofstuk 11
Alle paaie lei na Jesus
“For the trees they cannot see the wood.”
Kom ons sorg dat dit nie ook met ons gebeur nie. Ons het in baie besonderhede na hierdie wonderlike verskynsel gekyk, hoe al die groot temas in die Bybel na Jesus lei. Ons kon seker na nog tien ander ook gekyk het. Dit was ’n detailstudie. Ons het een vir een na die bome gekyk. Maar hoe lyk die geheelprentjie, die bos? Kom ons kyk na die bos. Kom ons vra ’n paar vrae.
Alle Paaie lei na Jesus: God Drie-enig in die Ou Testament (4) – Adrio König
10.4.4 Jesus in die Ou Testament?
Net soos in verband met die Heilige Gees, word daar ook ’n sterk argument ontwikkel om aan te toon dat daar alreeds van Jesus as ’n aparte Persoon in die Ou Testament gepraat word. Daar is selfs ’n boekie op my rak met die titel: Jesus op elke bladsy van die Ou Testament. Een van die sterk argumente is dan dat die engel van die Here eintlik Jesus is in sy Ou-Testamentiese vorm.
Alle Paaie lei na Jesus: God Drie-enig in die Ou Testament (3) – Adrio König
10.4.3 Die “Ons” in Genesis 1:26
Daar is twee ander verwysings wat soms gebruik word. Die een is die “Ons” van Genesis 1:26. Indien hierdie “Ons” na die Drieeenheid verwys, sou ons natuurlik hier wel getuienis hê dat ons alreeds in die Ou Testament lees van ’n meervoudigheid van God. Vroeër was dit ’n taamlik algemene oortuiging dat die “Ons” inderdaad na die Drie-eenheid verwys. ’n Ander beskouing was dat God met engele in beraad gegaan het, en ’n derde dat dit ’n hoogheidsmeervoud is.
Alle Paaie lei na Jesus: God Drie-enig in die Ou Testament (2) – Adrio König
10.4.2 Die “Gees” in Genesis 1:2
In Genesis 1:2 lees ons in die 1983-vertaling: “maar die Gees van God het oor die waters gesweef”. Ons kon hierdie teks ook behandel het in die hoofstuk oor die skepping (hoofstuk 4.13). Ons doen dit egter liewer hier juis omdat dit gesien word as duidelike getuienis dat die Gees alreeds as ’n aparte, selfstandige Persoon in die Ou Testament optree. Daarom kyk ons nou hier daarna.