Dawid se aanbidding

image_pdfimage_print

Dawid se aanbidding

In 1 Kronieke 16 lees ons van die feesviering met die inbring van die ark. Toe DIE Leviete die ark in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het neergesit het, bring hulle vir God brandoffers en ‘n maaltydoffer. Daarna seën Dawid die mense in die Naam van God. Hy gee toe aan elke Israeliet, man en vrou, ‘n ringbrood, ‘n bietjie dadels en ‘n tros rosyntjies. Hy wys ook sekere Leviete aan om voor die ark van die Here diens te doen.

Hulle moes die Here roem, loof en prys. Twee het aanhoudend op die trompette geblaas voor die verbondsark van die Here uit,

Toe Dawid die verbondsark van die Here in die kamp gebring het, bring hy offers vir die Here en bring sy eie orkes op die been om die Here te loof. Verse 8 – 12 en 23 – 29 wys vir ons hoe hulle die Here geloof het. Loof die Here. Roep Hom aan, maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het, sing liedere, sing tot sy eer, vertel van sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan sy reddingsdade op sy bevel  (16:8 -!2).

Al die verse wys dat hulle God verheerlik het. Dawid tree ook dwaas op: Met volle oorgawe het Dawid voor die Here gedans met net ‘n linneskouerkleed aan …  Hy het hom die hele dag voor die slavinne van sy onderdane ontbloot soos ‘n onbeskaamde mens wat hom sommer ontbloot (2 Samuel 6:14 en 20).

Later lees ons: daarna het die Leviete van die Kehat- en Koraggroepe opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys.

Hoe kan ons vandag prakties die Here met oorgawe loof?

image_pdfimage_print