Die priesterlike seën

image_pdfimage_print

Die priesterlike seën – Marius Nel

Marshall vra:

Wat beteken die gedeeltes in Num 6:25/26 “die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn; die Here sal Sy aangesig oor jou verhef!”.

ANTWOORD

Prof Marius Nel antwoord:

 

Numeri 6:24-26 verwys natuurlik na die seën waarmee die priester die gelowige gegroet het wat sy/haar offer gebring het en daarmee sê hy:

 

Die Here sien raak wat jy gedoen het – Hy laat sy aangesig oor jou skyn.

En Hy kyk met goedgesindheid na wat jy gedoen het – Hy verhef sy aangesig oor jou.

 

Dit is taal wat na koninklike gedrag verwys. Kyk gerus hoe Ester voor die koning kom en Hy dan sy aangesig oor haar verhef sodat sy toegelaat word om haar versoek tot die koning te rig.

 

Skrywer:  Prof Marius Nel

 

image_pdfimage_print