Die seënuitsprake van Jesus (23)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (23)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang..

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. Hoekom word vredemakers kinders van God genoem. Ons sê dikwels die appel val nie ver van die boom nie. Ons sê dit as ons die ooreenkomste van karakter, gewoontes of gedrsg van die ouers in die kinders sien. As jy weergebore is, sien ‘n mens sekere ooreenkomste met jou hemelse Vader weerspieël in jou lewe.

Vredemakers is kinders van God, want …

 

  1. Vredemakers word kinders van god genoem, want hulle is soos hulle Vader wat vrede in Homself het.

God wat vrede gee, sal by julle almal wees (Romeine 15:33). Nooit was daar enige sweem van spanning of konflik in God nie. Die Vader, Seun en Heilige Gees is een van doel en een in liefde.

Ons Here word as Vredevors beskryf (Jesaja 9:6). Toe Jesus in die wêreld gekom het, het ‘n menigte engele Hom geprys: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde (Lukas 2:14). Christus het in die wêreld gekom om vrede te maak en Hy het dit gedoen deur sy bloed aan die kruis uit te stort. Die Heilige Gees is die Gees van vrede. Matteus sê vir ons toe Jesus gedoop is het die Gees van God op Hom neergedaal soos ‘n duif. Die duif is die simbool van vrede.

 

Toe Jesus na sy opstanding aan sy dissipels verskyn het, sê Hy vir hulle: Vrede vir julle! (Johannes 20:19). Hy herhaal dit in vers 21. Hy gee vrede aan sy dissipels sodat hulle deur die evangelie vrede kan bring  aan ander.

 

  1. Vredemakers word kinders van God genoem, want hulle gee hulle regte op

Jesus het nie vasgeklou aan sy regte nie. Hy verlaat die hemel en kom na die wêreld om vrede te maak. Ons lewe in ‘n wêreld van regte. Voordat jy in ‘n konfliksituasie aanspraak maak op jou regte, dink net daaraan as Christus op sy regte aanspraak gemaak het, sou alle mense in die hel beland het. Jy kan nie vrede maak deur aanspraak op jou regte te maak nie.

 

  1. Vredemakers word kinders van God genoem, want hulle beweeg na die moeilikheid toe

Toe die wêreld dit vir Christus moeilik gemaak het, het Hy nie teruggedeins nie. Hy beweeg na ons toe al het Hy geweet dit sou na die kruis lei.

Om vrede te maak beteken nie dat jy konflik vermy nie. Soms maak vredemakers baie moeilikheid in die najaag van vrede. Om vrede te maak vereis moed. Vir Jesus het diet sy lewe beteken.

  1. Vredemakers word kinders van God genoem, want hulle het ander lief voor hierdie nder hulle kan liefhê

Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (Romeine 5:8).

Die ooreenkoms tussen ons en die Here is maar gering. Dit geld ook vir die najaag van die seënuitsprake. Ons skiet nog ver tekort van  dit wat God van ons verwag. Ons mag groei en vooruitgang maak, maar tot aan die einde bly ons sondaars wat afhanklik van God s genade bly. Daarom moet ons kyk na die doelwitte, perke en moontlikhede van vooruitgang in die Christelike lewe.

Die doelwitte, perke en moontlikhede van vooruitgang in die Christelike lewe

Heiligmaking is ‘n reis waarop elke gelowige vordering maak, maar geen Chriten voltooi die reis in sy lewe nie. Biskop Handley Moule skryf oor die doelwit: It is nothing less than the supreme aim of the Christian Gospel that we should be holy. In meer besonderhede sê hy dat ons poog to displace … self from the inner throne and to enthrone Him; to make not the slightest compromise with the smallest sin … to love God with all the heart and our neighbour as ourselves. Hierdie is ons doelwitte, maar ons weet ook dat daar perke is oor wat ons kan bereik. Dawid was bewus van sy perke om vrede met sy eie seun te maak. Daarom sê Paulus: As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense (Romeine 12:18). Daar sal omstandighede wees waar jy nie vrede kan maak nie, maar dit moenie veroorsaak dat jy nie meer probeer vrede maak nie.

As jy die perke vergeet sal jy jouself voortdurend verkwalik vir jou gebrek aan vooruitgang. As jy vergeet van die moontlikhede, sal jy jouself aanvaar net soos jy is. Wees bewus van die perke. Jaag die moontlikhede na. Lord, make me as holy as it is possible for a pardoned sinner to be made (Robert Murray M’Cheyne).

Volgende keer gaan ons na ‘n aantal taktieke vir vredemakes kyk.

 

image_pdfimage_print