Die Tien Gebooie: Aanhef

image_pdfimage_print

The gospel is not a doctrine of the tongue, but of life. It cannot be grasped by reason and memory only, but is is fully understood when it possesses the whole soul and penetrates to the inner recesses of the heart –  Johannes Calvyn

 

Die Tien Gebooie: Aanhef

Ons het vanjaar reeds na die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Ons Vader-gebed gekyk. Ons gaan nou na die Tien Gebooie kyk. Ek gaan onder andere gebruik maak van Michael S. Horton se  The Law of Perfect Freedom.

 

Voordat ons na die gebooie kry, is daar eers ‘n aanhef. Dit is ‘n algemene gebruik in kontrakte, grondwette en ooreenkomste om so ‘n aanhef te hê.

Die Tien Gebooie begin met die Bron van hulle gesag: Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het (Eksodus 20:2). God word hier voorgestel as die groot Koning wat pas ‘n klein volkie uit die kloue van ‘n onderdrukkende regime bevry het. God laat hulle nie nou aan hulleself oor nie – Hy aanvaar nou self die heerskappy oor Israel. God maak hierdie verbond; Hy onderhandel nie met ons oor die inhoud daarvan nie. Dit is God wat aan hierdie verbond sy bindende aard gee. God maak ons sy mense.

 

Hierdie is nie ‘n kontrak tussen twee partye nie.God neem die inisiatief en Hy verklaar: Ek neem julle aan as my volk en Ek sal julle God wees (Eksodus 6:6). Omdat God ons in sy genade verlos het, vrees ons nie die wet nie, maar verheug ons ons in die voorskrifte van die wet. Ons begin nie met die eerste gebod asof ons op een of ander manier ons aanvaarbaar vir God gemaak het nie. Ons begin by die aanhef waar God reeds alles vir ons gedoen het.

 

Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie (Romeine 1:20). Die probleem is nie dat ons nie inligting het nie – hierdie wet is in ons gewetens geskryf. Daarom het God die wet ook neergeskryf.

 

Maar hoe gebruik Christene hierdie wet. Daarna kyk ons ‘n volgende keer.

image_pdfimage_print

You may also like...