Dié wat die Vader my gee – Francois Malan

image_pdfimage_print

 Vraag

Katie vra:

Ek jan nie onthou waar ek die vers in die bybel gelees het nie. “Die wat in my glo EN die wat die Vader my gee…..” Wie is die EN na wie Jesus verwys. Sal graag die teksvers ook wil weet…

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

Joh 3:27 Jesus se voorloper, Johannes die Doper, het reeds gesê: ’n Mens kan niks ontvang as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie.

Jesus het gesê:

Johannes 6:37: Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom.

Joh 6:39-40 Dit is die wil van Hom wat My gestuur het: Dat Ek van almal wat U My gegee het, nie ’n enkele een verlore sal laat gaan nie, maar hulle op die laaste dag sal opwek. Want dit is die wil van my Vader:     Dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo die ewige lewe sal hê… (vgl. Joh 18:9).

Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader, wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie, en Ek sal      hom op die laaste dag laat opstaan.   

Joh 6:65 Niemand kan na My toe kom as dit nie deur die Vader aan hom gegee is nie.

Joh 10:29-30 My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal, en niemand kan hulle uit die hand van       die Vader ruk nie.Ek en die Vader is een.

Joh 17:2 …sodat Hy aan elkeen wat U aan Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.

Joh 17:6 Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U                     behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord gehoorsaam.

Joh 17:9 Ek bid vir hulle wat U aan My gegee het, omdat hulle aan U behoort.

Joh 17:11 bewaar hulle wat U aan My gegee het in u Naam.

Joh 17:12 Toe Ek by hulle was, het Ek hulle wat U aan My gegee het, in u Naam bewaar.

Joh 17:24 Vader, Ek wil hê dat waar Ek is, hulle wat U aan My gegee het, ook saam met My kan wees…. 

Die ‘trek’ van mense deur die Vader geskied wanneer iemand sy eie oordeel laat staan en hoor en leer by die Vader deur die Vader se woord, in die Bybel, in die prediking, deur die getuienis van gelowiges, ens. Die trek deur die Vader geskied nie buite die mens se geloof nie, maar in jou geloof. Geloof is God se werk in my. Efesiërs 2:8: ‘Want uit (God se) genade is julle verlos, deur geloof. En dit kom nie uit julle self nie; dit (geloof in Jesus) is die gawe van God. Geloof in Jesus Christus, dat Hy God is wat vir al ons sonde aan die kruis gesterf het en nou die Here is wat die seggenskap het oor ons lewe, is ’n gawe van God deur die Heilige Gees wat in ons werk en ons oortuig van ons sonde, van geregtigheid (dat Jesus ons saak met God reggemaak het en ons nou kinders van God is) en van oordeel (as ons nie in Hom glo nie), vgl. Johannes 14:26; 15:26; 16:8.

Skrywer: Prof Francois Malan

image_pdfimage_print

You may also like...