Ek is seker ek is verlos

image_pdfimage_print

Is your church like a football game: a few people in desperate need of rest watched by a crowd in desperate need of exercise? — Adrian Warnock

Ek is seker ek is verlos

Godsdiens is die mens se pogings om by God en die hemel uit te kom. Die Christelike geloof is God  wat afkom na die mens om hom te verlos deur in ‘n verhouding met die mens te leef. Daar is een uitstaande kenmerk van  mense wat in Jesus Christus glo: Hulle gee aan Jesus al die krediet vir hulle verlossing en ewige lewe. Hulle wys na die kruis; hulle wys na God se genade en nie na hulle eie pogings nie.

 

Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo (1 Johannes 5:13). Die eerste stap is om jou sonde te erken; daarna moet jy berou hê daaroor en die goeie nuus aanvaar en glo. Daar  is mense wat onseker is. Beteken dit dat hulle nie werklik vir Jesus Christus ken nie? Nie noodwendig nie – hulle geniet nog nie die absolute versekring van hulle verlossing nie. Faith is the root. Assurance is the flower (D. L. Moody). Sonder die wortel is daar  geen verhouding met Christus nie. Maar nie alle Christene het die blom van versekering nie.

Hoe kry ek absolute sekerheid? Deur die onweerlegbare feite  van Jesus Christus se dood en opstanding te aanvaar – dat Hy jou verlossing aan die kruis gekoop het en dat Hy dit in sy Woord aan jou belowe het.

Die Christelike geloof is meer as net glo – dit beteken ek lewe nou vir Christus. Ons dade red ons nie, maar is die vrugte van ons geloof en bewys dat ons Christus ken.

image_pdfimage_print

You may also like...