Gebed: Ontmoet God deur sy woord

image_pdfimage_print

 

God is well pleased when all our actions proceed from love, love to Himself, and love to immortal souls. – George Whitefield

 

Gebed: Ontmoet God deur sy woord

So sal die woord wat uit my mond mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake tot my terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring, waarvoor Ek dit gestuur het (Jesaja 55:11)

God se praat en doen, is dieselfde. Die hele Psalm 29 is ‘n lied oor die stem van die Here wat magtig is. God tree op deur te praat. God se woord is God se aktiewe teenwoordigheid in die wêreld.

 

Kommunikasie van God is daarom kommunikasie met God. … as ons in vertroue op sy woord reageer. God het Jeremia se mond aangeraak en gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê (Jeremia 1:9). God se woord kom na ons in die Skrif. Dit bly God se woord ook as ons dit vandag lees.

 

God tree op deur sy woorde. Om God dinamies aktief in ons lewens te hê, is deur die Bybel. Die Skrif gee nie net vir ons inligting oor God nie – dit is die weg om Hom te hoor praat en Hom te ontmoet.

 

Gebed beteken dat ons ons in God se woord verdiep – onderdompel. Ons weet aan wie ons bid – ons leer dit in die Bybel. Ons weet hoe om te bid – ons kry die woordeskat in die Bybel. Ons gebede moet voortspuit uit ons verdieping in die Bybel. Ons moet luister, bestudeer, dink, nadink en dan moet ons in ons harte en denke antwoord.

 

Die reaksie op God se woord is gebed. God, en nie ons gevoelens nie, staan sentraal. In die Bybel ontmoet ons die ware God. Hy is ingewikkeld en daarom sal ons gereeld deur Hom verwar word, maar ook vertroos word.

 

 

image_pdfimage_print