Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(4) Buitengewone Bybelgedeeltes

image_pdfimage_print

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(4) Buitengewone Bybelgedeeltes – Hennie Stander

Die vrou by die put (Johannes 4:6).

Hierdie Samaritaanse vrou het op die warmste tyd van die dag kom water haal. Ons het reeds gesien dat dit meer gebruiklik was om vroeg in die môre of in die aand water te gaan haal. Dit mag moontlik wees dat hierdie vrou juis op hierdie tyd kom water skep het ten einde kontak met ander vroue te vermy. Haar lewenstyl kon veroorsaak het dat nie almal graag met haar sou wou assosieer nie. Maar dit kon ook om heel toevallige redes gewees het.

‘n Vrou se werk (Markus 14:13.)

 Aangesien dit gewoonlik ‘n vrou se werk was om water te dra, sou dit beslis opvallend wees as ‘n man dit gedoen het. Jesus benut derhalwe hierdie situasie ten einde Petrus en Johannes in staat te stel om die vertrek te vind waar die Laaste Avondmaal gehou moes word (sien Lukas 22:8-12).

 

Twee hoofetes (Lukas 14:12)

 Letterlik het Jesus hier gesê: “As jy ‘n oggendete of ‘n aandete gee, moet dan nie jou vriende . . . nooi nie”. Hy het hier na die twee hoofmaaltye van die dag verwys.

 

Meulsteen (Matteus 18:6)

Jesus het gesê dat indien iemand een van die kleintjies wat in God glo, sou laat struikel, dit vir hom beter sou wees indien ‘n meulsteen om sy nek gehang word en by wegsink in die diepte van die see. Jesus verwys hier klaarblyklik na een van die baie groot ronde klippe (boonste of onderste klip) van die  die roterende soort meul. Dit sou enigiemand oombliklik laat sink en dit is sprekend van die oordrewe soort beelde wat die Jode lief was om te gebruik ten einde hul punt sterk te stel.

 

Skrywer: Prof Hennie Stander

 

image_pdfimage_print

You may also like...