Gemeentes wat mense uitstuur (2)

image_pdfimage_print

 

The remarkable thing about fearing God is that when you fear God, you fear nothing else, whereas if you do not fear God, you fear everything else – Oswald Chambers

 

Gemeentes wat mense uitstuur (2)

  1. D. Greear en Mike McDaniel het pas ‘n klein e-boek gepubliseer: Sending capacity, not seating capacity. Dit gaan oor gemeentes wat mense in die wêreld uitstuur.

 

In die vorige blog het ons gesien dat gemeentes mense moet uitstuur. Maar wat van die plaaslike gemeenskap tuis? Dikwels dink ons veral aan wat die stad vir ons kan doen en nie wat ons vir die stad kan doen nie. In Handelinge 8 lees ons van Filippus se bediening in ‘n stad in Samaria. As gevolg van sy bediening in daardie stad lees ons: Daar was groot blydskap in daardie stad. Is daar groot blydskap in jou stad as gevolg van jou gemeente se bediening daar? Daarom moet gemeentes uitreik en hulle stad bereik en seën. Die moontlikheid om al die ongelowiges in ons gemeenskap te bereik, is maar skraal. As dit so is, is daar dan sin om nog buite ons gemeenskap uit te reik? Ons hulpbronne is tog beperk. Maar ons moet tog ook die liggaam van Jesus Christus versorg.

 

As dit kom by stuur, is een van die grootste spaniings juis die balanseer van behoeftes  hier en behoeftes daar. Om te stuur gaan oor die toekenning van hulpbronne. Ons wil graag stuur, maar wat gaan die impak op ons gemeente wees? Ons kan nie die spanning oplos nie, maar ons kan dit aanvaar.

 

Een van die algemeenste besware teen mense uitstuur, is dat ons nog nie gereed is nie. Gewoonlik is daar goeie redes waarom ons nie gereed is nie: ons het nie genoeg mense nie; ons het nie genoeg hulpbronne nie. Ons kan hierdie besware verstaan. Toe Jesus sy dissipels uitgestuur het om sy dissipels te wees in Jerusalem, Judea, Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld (Handelinge 1:8) gee Hy aan hulle die omvang van hulle taak. Van die begin af moes dit die uithoeke van die wêreld ingesluit het. As ons fokus op dit wat ons nie het nie, sal ons nooit begin nie – daar is altyd iets wat ons nog nodig het.

 

Ten spyte van Jesus se opdrag bly die dissipels in Jerusalem. Wat gebeur toe? Daardie dag het daar ‘n hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem begin. Al die gelowiges behalwe die apostels is uitmekaar gejaag en verstrooi oor die gebiede van Judea en Samaria (Handelinge 8:1). God het gedink hulle is gereed al het hulle nie so gedink nie. Hy gebruik vervolging om hulle uitmekaar te jaag.

 

image_pdfimage_print