Hoe kry ek wysheid (10)

image_pdfimage_print

Hoe kry ek wysheid (10)

My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun (Spreuke 3:11 – 12) .

Die wyse leer uit teenspoed. Wat doen ons met teenstand en probleme in ons lewens? Die wêreld is vol boosheid, probleme en geheime wat ons nie verstaan of kan regstel nie. Die teken van wysheid is om gereed te wees vir lyding. As jy nie is nie, is jy nie in staat om die werklikhede van die lewe te hanteer nie. Lyding is ook ‘n dissipline vir groei in wysheid. Dit kan jou na God toe dryf of dit kan jou van Hom af wegdryf en jou hart word hard.

Omdat lyding onvermydelik is, gaan dit jou of wyser of dwaser maak. Wat moet jy doen?  Aanvaar jou moeilikhede as maniere om geestelik te groei en as deel van God, ons liefdevolle Vader, se plan. As jy niks anders kan doen nie, kan jy vir God verheerlik deur ‘n gesindheid van vertroue eerder as om bitter te word. Die beste manier om dit te doen is deur na GOD SE Seun se lyding te kyk – en dit vir my.

Is jy gereed vir teenspoed? As dinge verkeerd loop vir ons is die laaste ding wat ons wil doen dikwels om tot U te bid en op U te vertrou. As ek net aan U in stormagtige tye vasklou in gebed, word ek geestelik sterker.

image_pdfimage_print