Hoe ontwikkel ek gewoontes?

image_pdfimage_print

 

The Christian community as a community of love is not infinitely inclusive; those who reject Jesus are not and cannot be part of it – Richard Hays

 

Hoe ontwikkel ek gewoontes?

Veral sielkundiges het baie werk op hierdie gebied gedoen.

  1. Stel ‘n doelwit

Dit is baie makliker om ‘n gewoonte te vorm as ons ‘n spesifieke doelwit het. As ons doelwit byvoorbeeld is om die Bybel in een jaar deur te lees, mag dit lei tot ‘n gewoonte van Bybel lees selfs na die jaar verby is.

 

  1. Ontwikkel ‘n stap vir stap plan

Om jou doelwit te bereik, moet jy dit in kleiner stappe verdeel. Hierdie stappe moet spesifiek en realisties wees. As jy die Bybel in een jaar wil deurlees, moet jy bereken hoeveel hoofstukke jy elke dag moet lees.

 

  1. Werk aan een gewoonte

Moenie te veel op een slag in jou lewe verander nie. Probeer jy te veel doen, gaan jy sekerlik misluk. As jy op een gewoonte fokus, is die moontlikheid van sukses beter.

 

  1. Assosieer ‘n plek en tyd met die aktiwiteit

As jy ‘n gewoonte wil aanleer, moet jy jou aktiwiteite op ‘n spesifieke tyd en plek doen – elke dag. So sal jy elke dag jou Bybel om sewe uur in jou studeerkamer lees.

 

  1. Maak dit ‘n prioriteit

Daardie tyd en plek is gereserveer en mag vir niks anders gebruik word nie – ook nie vir e-posse of Facebook nie.

 

  1. Vroeë fokus verbeter die kanse op sukses

In die vroeë fase van ‘n gewoonte aanleer, moet jy nie sommer ‘n dag oorslaan nie.

 

  1. Identifiseer potensiële hindernisse

Jy moet moontlike hindernisse antisipeer voordat hulle nog gebeur. Ontwikkel planne om hierdie hindernisse te vermy.

 

  1. Wees gereed vir terugslae

Sommige gewoontes kan binne agtien dae aangeleer word. Ander vereis soveel as 250 dae. Daar is min gewoontes wat moeiliker is om te ontwikkel as juis gebed. Jy gaan teleurstellings en terugslae ondervind. Jy kan na die Here gaan vir vergifnis en jy kan weer voor begin.

 

  1. Ken jouself

Sommige mense is van nature meer gedissiplineerd as ander. As jy nie die georganiseerde tipe is nie, kan dit moeiliker wees om ‘n gewoonte aan te leer.

 

  1. Wees geduldig

Hoe lank? Die ontwikkeling van gewoontes gebeur nie oornag nie. Jy gaan die Heilige Gees nodig hê om jou te help om ‘n gewoonte aan te leer en om jou dan te help keer dat dit nie net ‘n formaliteit word nie.

 

image_pdfimage_print