Is ek vol moed?

image_pdfimage_print

We want people to e involved in culture because Christ has revealed himself in cultute –  Dan Alexander

Is ek vol moed?

Almal van ons wil graag vol moed wees. Ons lees van Dawid en Goliat en van Daniël se drie vriende en van die apostels in Handelinge en dink: “Hoe kan ek ook ‘n vreeslose hart kry?” In ons samelewing is een van die strategieë wat ons gebruik juis om moeilike situasies te visualiseer sonder al die moontlike negatiewe gevolge te bedink. Daar is egter ‘n beter manier om vrees te oorwin. J. D. Greear kyk na Handelinge 4 en ontdek vyf geheime om vrees te oorwin.

 

  • Hulle glo in God se soewereiniteit in hulle beproewing

Die gelowiges is onder geweldige druk. Petrus en Johannes het pas voor die Joodse Raad verskyn. Hulle is terug by hulle medegelowiges. Almal bid toe saam: Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het …Dit is wat werklik in hierdie stad gebeur het. Herodes en Pontius Pilatus het met heidennasies en die volk Israel saamgespan teen u heilige Dienaar, Jesus, wat deur U gesalf is, en hulle het alles gedoen wat U vooruit beskik en besluit het (Handelinge 4:24 – 28). Hulle het besef dat bose mense wat gedink het hulle het teen God se plan gewerk in werklikheid vir God se plan gewerk het. Die gelowiges wat daar bymekaar was, mag gevoel het dat die vervolging hulle oorweldig het, maar hulle het vertrou dat God besig was om daardeur te werk. Sou ons perspektief nie verander as ons sake soos daardie eerste gelowiges gesien het nie; Geloof in God tydens my probleme is belangriker as dat God my probleme oplos.

  • Hulle ken die Skrif

Lees weer die gelowiges se gebed in Handelinge 4:24 – 30. Die eerste ding wat hulle sê, is ‘n aanhaling uit Psalm 2:1 – 2. Hierdie gedeelte verwys na een van God se beloftes. Die Bybel is ‘n boek vol beloftes. Ek moet hulle so goed ken dat as die wêreld my seermaak ek een van hierdie beloftes kan uitroep. Eugene Peterson sê: “True prayer is not just talking to God; it is answering God. God has already spoken in his Word. Prayer is just a response to what he has said.”

 

  • Hulle staan in eerbied voor hulle grootste Held

In Handelinge 5 staan Petrus weer voor die Joodse Raad. Hy sê vir hulle: Die God van ons voorvaders het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom aan die kruis te hang. God het Hom verhoog tot Leidsman en Verlosser aan sy regterhand, sodat Hy Israel tot bekering kan bring en hulle sondes kan vergewe (5:30 – 31). Die woord Leidsman verwys na ‘n kampioen of held. Petrus noem Jesus hier ‘n Held. Maar Hy is ‘n held wat nie sy mag gebruik om  vyande te verslaan nie, maar om in swakheid te sterf om hulle te verlos. Dit laat die gelowiges weer dink: As Jesus sy lewe vir hulle gewaag en gegee het om hulle te verlos, moet hulle nie ook hulle lewens gee sodat ander gered kan word nie?

 

  • Hulle het ‘n mededeelsame gees besit

As ek die evangelie glo, maak dit my ook mededeelsaam (Handelinge 4:32 – 37). Hulle gee vrywillig van hulle besittings weg. As hulle getrou was aan die boodskap van Jesus Christus mag dit tot fisiese lyding lei, maar hulle was gewillig om te ly. Hulle doen dit omdat hulle radikaal vrygewig was. As ek op sekere gebiede vrygewig is (my finansies), maar nie op ander gebiede (getuig van die evangelie) nie, is ek nie werklik vrygewig nie.

 

  • Hulle is deur die Heilige Gees gevul

Na hulle gebid het, lees ons: Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig (4:31). Die plek waar hulle bymekaar was, het geskud. Hoe meer hulle deur die Heilige Gees geskud was, hoe minder word hulle deur die mag van hulle vyande geskud. Net soos Petrus-hulle die Heilige Gees nodig gehad het, het ons Hom ook nodig. Dit is waar lewegewende krag vandaan kom. Baie van ons het nog nooit gevra dat die Heilige Gees ons lewens moet skud nie. Vra. God staan gereed om te gee.

 

image_pdfimage_print

You may also like...