Is ons deel van die wêreld se kultuur?

image_pdfimage_print

 

We can be sure our prayers are answered precisely in the way we would want them to be answered if we knew everything God knows. —Tim Keller

 Is ons deel van die wêreld se kultuur?

Ben Witherington het ‘n interessante artikel geskryf waarin hy vra of ons as Christene nie moet ophou om in ontsteltenis uit te roep nie, maar eerder te dink hoe ons dieselfde as die Christene van die eerste eeu kan doen: wees Christene teen die huidige kultuur wat net daardie waardes aanvaar wat ooreenstem met dié van die Christelike geloof. Geleidelik word ons wêreld meer en meer soos dié van Paulus – ons word ‘n minderheidsgodsdiens Hoe lyk so ‘n reaksie?

 

  • Ons verwerp ‘n benadering tot die lewe wat op vrees gebou is. Dink maar aan die geweld in die wêreld waar baie mense met vuurwapens rondloop. Ook: omdat ons dink die wêreld gaan in ieder geval vernietig word ignoreer ons die skeppingsmaandaat dat ons hierdie wonderlike wêreld van God moet versorg.
  • Christene moet ‘n standpunt  inneem oor sake, maar moet nie politieke partye blindweg ondersteun nie. Christene moet hulle eie navorsing oor die “nuus” doen en krities beoordeel. Moenie sommer enige nuus blindweg aanvaar nie. Tyd en die kultuur beweeg vorentoe – goed en sleg.
  • Christene moet ophou om op mekaar te skiet. Protestante, Katolieke en Ortodokse Christene moet oor die kern van die evangelie saamstaan – en die noodsaaklike etiese implikasies daarvan. As ons sê dat ons pro-lewe is, moet ons alles wat menslike lewe vernietig – aborsie, oorloë, ens – teenstaan.
  • Ons moet ons liggame begin hanteer soos ons ons hulpbronne hanteer. Ons liggame is ‘n tempel van God se Gees  en daarom moet ons dit met respek hanteer – hanteer dit soos ‘n gawe van God. Ons moet ons leefstyle vereenvoudig – raak ontslae van verkeerde kos en vuil energie.
  • Begin doen wat die Bybel oor weeskinders sê: voed hulle, neem hulle aan, versorg hulle.
  • Begin glo wat die Bybel oor eiendom sê – dit behoort aan God. Ons kan nie met ons eiendom doen net wat ons wil nie – ons moet daarmee doen wat God tevrede sal stel. Ons is rentmeesters en nie eienaars nie. Ons moet ons losmaak van die materialisme wat vandag die wêreld regeer.
  • Ons moet die waarheid praat vir diegene in magsposisies. Die pous het onlangs in die suide van Italië, die gebied waar die Mafia sterk is, die hele Mafia uit die Katolieke Kerk geban. Die anti-Christelike gedrag van leiers moet veroordeel word.
  • Ons moet ons vyande liefhê en vir diegene wat ons vervolg bid. Die eindelose siklus van geweld is nie hoe ‘n Christen op probleme reageer nie. Vergifnis en God se genade  is die enigste kragte wat die geweldsiklus kan breek. Jesus het selfs vir diegene wat Hom tereggestel het, gebid. Ons kan hierdie sake maar in die hande van die Here los.

 

Sjoe, dit slaan hard. Dink mooi oor eleen van hierdie voorstelle. Sal die wêreld nie ‘n beter plek wees as wat dit tans is nie?

 

image_pdfimage_print

You may also like...