My bediening druk my plat

image_pdfimage_print

Christian love is not the victim of our emotions but the servant of our will. —John Stott

My bediening druk my plat

Kerkleiers kan nie ontmoediging, teleurstelling en seerkry vermy nie. Leiers word soms geïgnoreer, sleg behandel, beskinder, misverstaan … Hoe kan jy nou onder sulke omstandighede vorentoe beweeg?

 

 

In 1 Samuel 30 lees ons die verhaal van Dawid wat die mense van Siklag verlos. Terwyl hy en sy manne ver van die huis besig was om oorlog te maak, val die Amalekiete Siklag aan. Dawid se familie en die families van sy soldate het daar gewoon. Die stad word afgebrand en die vroue en kinders weggevoer. Toe Dawid en sy manne terugkom, ontdek hulle hierdie ramp, Nou is daar groot probleme: Die manne het daaraan gedink om hom met klippe dood te gooi. Wat doen Dawid in hierdie dilemma? En toe het Dawid hulp gevra by die Here sy God.  Sy manne stenig hom nie, maar het weer krag en energie om die Amalekiete agterna te sit.

 

As ons in bediening ontmoedig is wat moet ons doen?

  • Erken jou pyn en emosie aan die Here, maar moenie daarin rondploeter nie.
  • Skryf jou gedagtes neer. As ek dit neerskryf, sal ek die neiging om voortdurend daaroor te tob, verhoed.
  • Lees jou Bybel. Daar is baie verse wat van hoop en oorwinning praat.
  • Doen iets pro-aktief – beweeg vorentoe. Dawid tree op om die probleem op te los – hy agtervolg die Amalekiete.
  • Hou op om jouself te veroordeel. Onthou jy is ‘n kind van God en dat Hy jou liefhet. Vir hom is jy waardevol al behandel mense jou nie met respek nie.
  • Bid vir diegene wat jou seergemaak het. Jy sal verbaas wees oor hoe gou God die bitterheid uit jou hart verwyder.

 

As jy neergeslaan word, volg Dawid se voorbeeld: En toe het Dawid hulp gevra by die Here sy God.

 

image_pdfimage_print

You may also like...