My kind is gestrem

image_pdfimage_print

My kind is gestrem

Paul Martin skryf ‘’n artikel oor sy kind met William se sindroom. Wat meeste mense wil weet, is of daar nie ‘’n voorgeboorte toets is om hierdie toestand vas te stel nie. Die vraag agter die vraag is egter: Hoekom het jou vrou nie ‘’n aborsie gehad nie. Hierdie is natuurlik deel van die sogenaamde nuttigheidsleer – ons word gedwing om ‘’n persoon se bestaan te regverdig in die mate waartoe hulle tot die samelewing bydra.

 

Om te soek vir maniere waardeur kinders met spesiale behoeftes tot die samelewing bydra, is ‘’n goeie oefening, solank dit nie die regverdiging vir hulle bestaan word nie. Die waarde van die mens lê nie in sy sogenaamde bydrae nie. Mense is waardevol, want hulle is na die beeld van God gemaak. Waarde lê in verhouding tot Hom en nie in bydrae tot die samelewing nie. Ons hoef nie die bestaan van my gestremde kind te regverdig op grond van sy bydrae nie – hulle waarde lê in die feit dat hulle na God se beeld gemaak is.

 

Gestremdhede laat ons baie vrae vra. Het God ‘’n fout gemaak toe hy ‘’n gestremde kind gemaak het? Beslis nie. God het sy eie doel in gedagte. Toe Moses kla dat hy swaar praat, sê God vir hom: wie het aan die mens ‘’n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is it nie Ek, die Here nie? (Eksodus 4:11). God het nie ‘’n fout gemaak toe hy mense met gestremdhede gemaak het nie. Nêrens lees ons in die Bybel dat mense met gestremdhede die beeld van God verloor het nie.

 

In Johannes 9 lees ons van die man wat blindgebore is. Toe sy dissipels wou weet deur wie se sondes die man blind is, antwoord Jesus: Hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. God het ‘’n doel gehad. Gestremdhede bewys dat sonde hierdie wêreld gebreek het, maar dit is nooit buite God se voorsienigheid nie.

 

Wat die presiese doel is, varieer. Die basiese waarheid is dat God absolute oppermag oor gestremdhede het. Megan Best stel dit so:   “In contrast to the modern philosophical view that personhood must be earned, the Bible teaches that our personhood is inherent because of the nature of the God whose image we reflect. We are to treat all human beings with respect for the whole of their lives, regardless of their particular characteristics. It is not our respect that gives them dignity; rather, it is because they have the dignity that we owe them respect.

 

Die plaaslike gemeente moet die plek wees waar mense met gestremdhede met agting behandel moet word. As iemand met ‘’n kind met gestremdhede na die erediens kom, kan jy na hom kyk soos Jesus se dissipels met die blinde man gedoen het of jy kan na hom kyk soos Jesus na die blinde man gekyk het. Die kerk het die voorreg om die nuttigheidsleer te verwerp en om die waarde van elke lewe te besing.

 

Dit moet begin by die leiers van die plaaslike gemeente. Ons moet verby ons meewaardigheid, vrese en neerbuigendheid kom en met oë vol liefde vir die Skepper kyk na die gesigte van mense met gestremdhede. As Petrus aan die leiers van die kerke in die destyds bekende wêreld skryf, gee hy aan hulle ‘’n belangrike opdrag: Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op (1 Petrus 5:2). Die goeie leier besef dat God in beheer is van die lidmaatskap van die gemeente. Besef ons dit kan ons elke lidmaat waardeer op grond van sy Skepper. Dit moet ons beginplek vir elke verhouding wees. God het ‘’n hart vir die kwesbares. Het ons ook?

 

image_pdfimage_print